

ADVERTISEMENT:

LMB Makhado se Kremetartsaal het op 14 Mei gasheer gespeel vir die Limpopo Senior Geslote Pluimbaltoernooi. Afgeneem is die spelers wat kategorië ingepalm het.
Sport Date: 03 June 2016
Die provinsie se top pluimbalspelers het op 14 Mei sake uitgespook tydens die Limpopo Senior Geslote Pluimbaltoernooi.
Die Kremetartsaal in die Braambos-behuisingsarea op LMB Makhado het weereens gasheer gespeel vir die toernooi.
In die enkelspel vir mans was dit MSC Makhado (MSC) se eie Jimmy Scheepers wat met die louere wegstap, met Muhammed Navees van Polokwane (Pol) in die tweede plek. In die plaat-afdeling van hierdie kategorie was Nkosi (Univen) eerste, met Jacques Burger (MSC) in die tweede plek.
Olga Joubert (Pol) wen op haar beurt die enkelspel vir vroue, met Zaraha Verghese (Pol) in die tweede plek, terwyl die plaat-afdeling van dié afdeling gewen word deur Ngobeni (Univen) met Mabuza (Univen) tweede.
Polokwane seëvier in die dubbelspel vir mans met Quadar Nawaz en Mohammen Navees wat die afdeling inpalm. In die tweede plek was Danie Joubert (Pol) en Jacques Burger (MSC). André Potgieter en Gehard Nel (beide van Polokwane) wen die plaat-afdeling van die kategorie, met Ellisras (Ellis) se Adriaan Buhrmann en JJ van Zyl in die tweede plek.
Ellisras se Emma Kaber en Annelia van Zyl palm die dubbelspel vir vroue in, met Zaraha Verghese en Divya George (Pol) in die tweede plek. Die plaat-afdeling hier word gewen deur Univen se Ngobeni en Mabuza, met Esther Roy en Cathy Kotze (Pol) in die tweede plek.
In die gemengde duppelspel vir mans loop Danie en Olga Joubert (Pol) met die louere weg, met Jimmy Scheepers (MSC) en Hannelize van der Westhuizen (Phalaborwa) in die tweede plek. In dié kategorie word die plaat-afdeling gewen deur Jacques Botha en Ilze Buurman (Ellis) met Ngobeni en Naydawia van Univen in die tweede plek.
Die Limpopo Pluimbal Assosiasie het na afloop van die toernooi hulle opregte dank uitgespreek teenoor Blompjesvlei vir die borg van die medaljes vir die spelers.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
