

ADVERTISEMENT:

Hierdie karatekas van die Braambos Karateklub het almal goed presteer tydens die Suid-Afrikaanse JKA Kampioenskap in Johannesburg. Behalwe vir goeie individuele prestasies, verwerf hulle almal hulle nasionale JKA-kleure. Voor, van links na regs, staan Bernadette Boucher, Daniëlle Dreyer, Tshego Modiba, Heylan Heydenrych en Celeste Dreyer. Agter is sensei Andrea Pretorius en Nathan Kleynhans. Foto verskaf.
Sport Date: 11 June 2016
Karatekas van die Braambos Karateklub op Lugmagbasis Makhado het ‘n bedrywige paar weke agter die rug, met talle van hulle wat met nasionale kleure spog vir hul harde werk.
Op 5 Maart het hulle deelgeneem aan die provinsiale JKA Kampioenskap in Polokwane en talle top plekke ingepalm. Daniëlle Dreyer (meisies 12 jaar) wen goud in kata en kumité, terwyl Celeste Dreyer (meisies 13 jaar) ook goud wen in kata en kumité. Tshego Modiba (seuns 16 jaar) wen op sy beurt goud in kumité en silwer in kata, terwyl Dominic Pienaar goud wen vir beide kata en kumité in dieselfde ouderdomsgroep. Nathan Kleynhans (seuns 17 jaar) spog ook met goud vir kata en kumité, terwyl Heylan Heydenrych (seuns 15 jaar) goud wen in kumité en silwer in kata. Bernadette Boucher (vroue 19 tot 21 jaar) wen silwer in beide kata en kumité.
Al hierdie karatekas ontvang hul provinsiale kleure en word almal opgeneem in die Suid-Afrikaanse JKA Limpopo-span wat op 20 en 21 Mei die provinsie gaan verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse JKA Karatekampioenskap in Johannesburg.
Sowat 4 000 karatekas het oor die twee dae deelgeneem. Heylan en Nathan het hul goed van hul taak gekwyt en vorder tot in die semifinale rondte vir kata in hulle afdelings. Daniëlle wen brons in kata en kumité, terwyl Bernadette brons wen in kumité. Celeste wen goud in kata en kumité, met Tshego wat wegstap met goud in kata en kumité. Celeste en Tshego word ook aangewys as 2016 SA Kampioene, met Daniëlle, Celeste, Tshego en Bernadette wat almal hulle nasionale JKA-kleure ontvang.
Sensei Andrea Pretorius is baie trots op al haar karatekas en hul besonderse prestasies. “Die karatekas het hard voorberei vir die groot geleentheid. Dit verg harde werk en baie ekstra ure se oefening, maar dit is alles die moeite werd. Dit is altyd lekker om te sien jou studente presteer op die hoogste vlak,” het Andrea gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
