

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 04 November 2005
Vir gesoute plaaslike hengelaar Tienie Viljoen en sy geselskap was dit die naweek ‘n ware fees van die grotes, toe hulle knewel karps by die Doorndraaidam uitgetrek het.
Saam met sy skoonseun, Gerrie van Deventer, het hy altesaam 13 knewels uitgetrek, waarvan nie ‘n enkele een minder as 15kg geweeg het nie.
Die visse het van 15,2kg tot 16,5kg geweeg.
“Ons het Europese styl Tiger Nuts as aas gebruik en die visse Saterdag deur die dag, tot laat Saterdagnag en Sondag gevang.”
Al die visse wat hulle gevang het, is weer losgelaat, nadat foto’s van hulle geneem is.
“Ons doen dit uit bewaringsoorwegings,” sê Tienie.
Tienie se persoonlike beste vangs tot dusver was ‘n karp van 18,5kg, wat hy vroeër in die Fanie Bothadam gevang het. Aangesien dié dam nou bykans leeg is, is die hengelaars die naweek na Doorndraai, waar dié puik vangste gemaak is.
Gerrie se beste tot dusver was 13,5kg.
“Die naweek het hy dit vier keer in twee dae verbeter."
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
