ADVERTISEMENT:

 

Al die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het. 

Bosveld Bowlers palm Copper Cup in

 

Sport  Date: 01 July 2016

 

Die tweede been van die gewilde jaarlikse Copper Cup-kompetisie tussen die Louis Trichardt Rolbalklub en die Bosveld Bowlers is op Saterdag, 25 Junie, beslis. Die eerste been is op 16 Junie by Tshipise gespeel.

Die Bosveld Bowlers, oftewel die “swaeltjies” wat jaarliks na Tshipise “trek” vir die winter en om rolbal te speel, het die eerste been 26-10 gewen. Die tweede been is egter deur die Louis Trichardt Rolbalklub 21-15 op hul tuisveld gewen.

Algeheel tree die Bosveld Bowlers egter met 41-31 uit die stryd en palm die gesogte Copper Cup in.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines