

ADVERTISEMENT:

Die CVO Skool Zoutpansberg se O/15-rugbyspan het vanaf 23 tot 25 Junie aan die BCVO Winterspele deelgeneem wat by die CVO-skool in Lichtenburg plaasgevind het. Die span kraai koning in hul ouderdomskategorie en is aangewys as die algehele wenspan. Van links na regs is Lukas van der Merwe, Junior Smit, André Breytenbach, Erwee Robbertze, Sebastian Jacobs, Wian Jacobs en Grey Badenhorst. Lukas en Erwee het veral uitgeblink deur elkeen ‘n drie te druk in die finale wedstryd. Foto: Maré van der Merwe.
Sport Date: 07 July 2016
Die CVO Skool Zoutpansberg (ZCVO) net buite Louis Trichardt se sportsterre het oudergewoonte weer die skool se naam hoog gehou.
Hierdie jaar het heelwat van die skool se rugby- en netbalspanne deelgeneem aan die BCVO se jaarlikse Winterspele wat vanaf 23 tot 26 Junie aangebied is by die CVO Skool in Lichtenburg. Vanjaar se spele is deur die Noord-Kaap sportstreek aangebied en, soos in die verlede, het die mededinging tussen die spanne gesorg vir sport van ‘n hoë standaard.
ZCVO het die volgende leerlinge gelukgewens wat uitgeblink het tydens die spele: Andrea Badenhorst (O/8), Luné Robbertze , Jonel Wepener en Matty Lordan (almal O/13), Jani Badenhorst en Bianca Smit (albei O/14).
By die rugbyspanne was die deelnemers: Tjaart Blignaut en Handrô Fourie (albei O/9), Fourie Steyn (O/11). Die O/15-spelers, wie se span aangewys is as die algehele wenners, het Lukas van der Merwe, Erwee Robbertze, Junior Smit, Gray Badenhorst, André Breytenbach, Wian Jacobs en Sebastiaan Jacobs van die ZCVO ingesluit.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
