

ADVERTISEMENT:

generic image
Sport Date: 11 July 2016
Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 7 tot 9 Julie vir die 23ste agtereenvolgende jaar deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied.
Dié toernooi beloof om vanjaar groter as ooit te wees. Alhoewel daar net plek is vir 128 spelers, sal die klub vanjaar 140 spelers toelaat. “Ons het vanjaar besluit om meer spelers te akkommodeer, want daar was doodeenvoudig net te veel inskrywings,” het klubpresident Arie Steyn gesê.
Die fokus van die toernooi is op besoekende spelers en vanjaar gaan weer geen uitsondering wees nie. Drie-en-sewentig uit die veld van 140 spelers is besoekers. Die nou reeds bekende “Klerksdorp groep” sal weer getrou vanjaar se toernooi ondersteun. In totaal sal spelers van 32 gholfklubs landswyd oor die drie dae oor 54 putjies sake uitspook. Dit sluit in klubs van sover as Natal en die Kaap.
Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ‘n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor aldrie dae aanteken.
Die Soutpansberg Gholfklub sal hierdie jaar poog om die gesogte Hanglip 54-trofee weer terug te wen en op eie bodem te hou, nadat Pretorianer Leon Smit verlede jaar die trofee huis toe geneem het. Smit sal egter nie hierdie jaar sy titel kom verdedig nie.
Vanjaar sal Imperial GM (Louis Trichardt), die Makhado Munisipaliteit, SA Brouerye, Coca-Cola Fortune en plaaslike sakemanne optree as borge van die toernooi. Die “perdeveiling” wat nou al sinoniem geword het met die Hanglip 54 sal Woensdagaand, 6 Julie, vanaf 18:00 in die gholfklub se saal aangebied word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
