ADVERTISEMENT:

 

Die Bulldogs-wenspan wat Saterdag as algehele wenners van die hokkiekliniek se Hokkie 5’s uit die stryd getree het. Die span het bestaan uit Xavier Kotzee, Brendan Bruce, Ian du Plessis, Renske Schoeman, Joné Potgieter en Mia Alberts, met afrigter Pieter Jooste (agter). Levubu Hokkie het hul dank uitgespreek teenoor Jet Stich, Roman’s Pizza, Specsavers, Spar, Perfect Water, Denova, King Pops, MJ Ras en Doringkop Boerdery wat as borge opgetree het. “Sonder julle sou die hokkiekliniek nie suksesvol gewees het nie,” het Levubu Hokkie gesê. Foto verskaf.

Levubu Hokkiekliniek

 

Sport  Date: 21 July 2016

 

Die afgelope skoolvakansie het die vroue van Levubu Hokkie ‘n hokkiekliniek vir alle laerskole in die omgewing aangebied. Tydens die kliniek is kinders tussen O/9 en O/13 gehelp om die basiese vaardighede van die sport baas te raak.

Die kliniek is verlede Vrydag (15de) afgesluit met ‘n intensiewe afrigtingsessie op Hoërskool Louis Trichardt se velde, waarna die kinders Saterdag (16de) die geleentheid gekry om te wys wat hulle geleer het tydens ‘n Hokkie 5’s Toernooi. Leerders is in ses spanne ingedeel, wat elk twee uitspeelwedstryde gespeel het.

Daarna het die wenners teen mekaar gespeel. Die Bulldogs, onder leiding van Pieter Jooste, het teen Lizette Kotzee se Turbo’s te staan gekom, met die Bulldogs wat net-net 2-0 wen. Afgeneem is die kinders wat pryse tydens die kliniek gewen het. Daar was pryse vir beste opkomende spelers, beste junior en senior seun en mei­sie en algehele wenners.

 

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines