

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 25 November 2005
Plaaslike jong sportsensasie, Marli Knoetze, is genomineer as ‘n finalis vir Suid-Afrika se Sportvrou van die Jaar. Die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings 2005 vind plaas in Johannesburg op Donderdag, 24 November en word regstreeks op SABC 2 gebeeldsend.
Marli, gewigstoot en diskusatleet, is een van ses finaliste wat genomineer is vir die land se Sportvrou van die Jaar. Marli is uiteraard genomineer vir atletiek. Die ander finaliste is Liezl Huber vir tennis, Marsha Marisha vir hokkie, Natalie du Toit vir swem, Odette Richards vir gimnastiek en Thandi Mgwevu vir atletiek.
Sportsterre kom in aanmerking vir hierdie toekennings na aanleiding van hul sportprestasies in die tydperk vanaf 1 November 2004 tot 31 Oktober 2005.
Marli, wat Suid-Afrika se junior gewigstoot rekordhouer is, het vanjaar op 4 September by die Afrika Junior Atletieklampioenskappe die Afrika rekord en Suid-Afrkiaanse Junior rekord verpletter met haar skitterende stoot van 16.93m. By dié byeenkoms het Marli ook ‘n goue medalje vir die diskus ingepalm.
Marli het hierdie week gesê dat dit vir haar ‘n groot verrassing was en dat sy dit glad nie verwag het nie. Marli se ouers, Willie en Marie Knoetze, vergesel haar na hierdie glansgeleenthied.
Die toekennings wat by geleentheid gemaak word, is Sportman en Sportvrou van die Jaar, Sportspan van die Jaar, Gestremde Sportman, -vrou en -span van die Jaar, die Bonitas Sportster van die Jaar, Nuweling van die Jaar, Persoonlikheid van die Jaar, Afrigter van die Jaar, Vrywilliger van die Jaar en die Steve Tshwete Leeftydprestasie.
Die gesogte sporttoekennings word aangebied in samewerking met SABC Sport, die Suid-Afrikaanse Sport Konfederasie en Olimpiese komitee en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die organiseerders sê dat hulle logistieke span baie ure en harde werk ingesit het om seker te maak dat hierdie jaar se stemprosesse foutloos verloop. Sportforums stem vir al die kategorieë behalwe die Bonitas Sportster, waar die publiek ook mag stem. Die finaliste in hierdie kategorie is Bryan Habana vir rugby, Liezl Huber en Wesley Moodie vir tennis, Makhaya Ntini vir krieket en Comrades atleet Sipho Ngomane.
Marli is tans besig om baie hard voor te berei vir die Statebondspele wat volgende jaar Maart in Melbourne, Australië, aangebied word. Tydens die Statebondspele wat verlede jaar Desember in Melbourne plaasgevind het, het Marli ‘n silwer medalje ingeoes vir gewigstoot.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
