

ADVERTISEMENT:

Karabo Muofhe seil oor die doellyn om 'n drie te gaan druk vir die O/16-span van Hoërskool Louis Trichardt in hulle wedstryd teen Hoërskool Erasmus. Foto: Madeleine Nel, Hoërskool Louis Trichardt.
Sport Date: 04 August 2016
Harde werk word beloon. Hiervan kan die O/16-rugbyspan van Hoërskool Louis Trichardt getuig. Hulle is beloon met ‘n plek in die kwarteindrondte van die jaarlikse Beeld-trofee vir skole.
Hierdie ysterspan het Saterdag behoorlik op hul tuisveld gemors met die span van Hoërskool Erasmus.
Die eerste helfte van die wedstryd was plaaslike ondersteuners se naels amper in die lewe in afgebyt, met Erasmus wat teen halftyd 14-7 voorgeloop het. Vir die Triegie Leeus het dit nie gedeug nie, en in die tweede helfte het hulle vasgetrap en rugby gespeel soos nog min tevore. Erasmus kon daarin slaag om nog ‘n drie te druk, maar dit was die laaste. Danksy puik verdediging kon Erasmus geen verdere punte aanteken nie. Aan die ander kant het die Triegie-manne die telbord gemaklik laat aanstap en met die blaas van die eindfluitjie was die telling 42-21 in Triegies se guns.
“Super rugby gespeel vandag! Ek’s ‘n trotse Triegie,” het Liandra Cilliers gesê na die wedstryd.
“Dit was ‘n great om deel van julle dag te wees, baie, baie geluk,” het Hester Bayes gesê.
“Hanglip het vandag vir julle geglimlag,” was die trotse skool se boodskap ná die sege.
Die kwarteindrondte sal op Saterdag, 13 Augustus, in Klerksdorp gespeel word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
