ADVERTISEMENT:

 

Steratleet Marli Knoetze.

Marli oefen harder as ooit tevore

 

Sport  Date: 02 December 2005

 

Die jong atletiekster, Marli Knoetze, is terug na die glansryke Sportvrou van die Jaar geleentheid en oefen harder as ooit tevore.

Uit ongeveer 200 nominasies vir Sportvrou van die Jaar, was Marli een van die ses finaliste wat genooi is om die gala-aand op 24 November by die Kyalami Theatre on Track by te woon. Swemmer Natalie du Toit is by die geleentheid aangewys as Sportvrou van die Jaar. Natalie het ook die kategorie vir Gestremde Sportvrou van die Jaar ingepalm.

Marli sê dat sy baie geëerd gevoel het om hierdie uithanggeleentheid by te woon. “Dit was ‘n wonderlike aand, amper soos ‘n tweede matriekafskeid. Al het ek maar gestres oor die moontlike toespraak, het ek iets gesien waarvoor ek nou kan werk,” het Marli gesê na haar terugkoms.

Marli is Suid-Afrika se junior gewigstoot rekordhouer, wat vanjaar op 4 September by die Afrika Junior Atletieklampioenskappe die Afrika rekord en Suid-Afrikaanse Junior rekord met haar skitterende stoot van 16.93m verpletter het. By dié byeenkoms het Marli ook ‘n goue medalje vir die diskus ingepalm.

Marli volg tans ‘n baie intensiewe oefenprogram voor die Statebondspele wat einde Februarie in Melbourne, Australië, aangebied word.

“Ek is nou in die derde week van ‘n ses-week program. Dan rus ek een week vir Kersfees en volg dan weer ‘n ses-week program,” sê Marli wat drie tot vier ure per dag oefen. Vir hierdie harde werker voel die dae ‘n bietjie vervelig noudat die matriekeksamen agter die rug is en sy kan nie wag om in Februarie Sportkunde by Potchefstroom oor die pos te begin studeer nie.

Marli se eerste groot Suid-Afrikaanse byeenkoms wat nou volg, is die Senior Atletiekkampioenskappe in Februarie in Port Elizabeth. Sy het haar oog op die senior gewigstootrekord, wat op 17.88m staan. By die seniorbyeenkoms gaan Marli aan beide die gewigstoot en diskusnommers deelneem. Vroeg in die nuwe jaar kom ‘n Amerikaanse diskus afrigter, wat ook vir Janus Robberts afgerig het, vir Marli besoek.

“Hy gaan my ‘n paar wenke gee met die diskus. Hy wil my ook graag in Amerika hê,” sê Marli, wat nie maklik van haar afrigter weggelok sal word nie.

Marli word afgerig deur Robbie Robberts van Levubu wat bekend is daarvoor dat hy wêreldklasatlete vorm.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines