ADVERTISEMENT:

 

Rooikatte wen Beeld-uitspeelwedstryd

 

Sport  Date: 11 August 2016

 

Hoërskool Eric Louw in Musina se eerste rugbyspan, die Rooikatte, het rede om breë bors te pronk.

Hulle het op 29 Julie in hulle eerste Beeld-trofee wedstryd gespeel en hulle goed van hul taak gekwyt.

Die Rooikatte het op hul tuisveld te staan gekom teen Hoërskool Cullinan in ‘n uitspeelwedstryd in die Beeld-reeks.

Ten spyte van ‘n 17-10 voorsprong ná die eerste helfte, het die Rooikatte nie hul aanval verslap nie. Hulle kon daarin slaag om hul opponente te verhoed om enige verdere punte aan te teken, terwyl hulle hul puntetelling met reëlmaat opgeskuif het. Met die blaas van die eindfluitjie het die Rooikatte 31-10 koning gekraai.

Die Rooikatte se driedrukkers was Blessing Phili, wat twee drieë gedruk het, en Jan-Karel Limbach, Karabo Boikanyo en Solly Moyana, wat elk een drie gedruk het. Jan-Karel het met die skopskoen een van die drieë verdoel, terwyl Davies Malaudzi twee drieë verdoel het.

 

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines