

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 13 August 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - DJ Burger, ‘n standerd 9-leerling van die CVO-skool Zoutpansberg, kan beslis beskou word as een van die streek se mees belowende gholfspelers.
Buiten vir sy tweede plek in die jaarlikse Hanglip 54-toernooi oor drie dae, eindig hy onder die top 60 gholfspelers uit ‘n totaal van 142 wat deurdring na die finaal van die Limpopo Ope in Polokwane aan die einde van Julie. ‘n Week voor dié toernooi eindig hy eerste in die Senior Ope wat ook in Polokwane beslis is. In bykans elke toernooi waaraan hy deelneem, eindig hy onder die top spelers.
Jong DJ het in die middel van Standerd 6 begin gholf speel. Skaars drie jaar later speel hy vandag vanaf ‘n nul voorgee. Hy skryf sy sukses en opgang in dié sportsoort toe aan die ondersteuning wat hy kry van onder meer sy pa en ma. Daar kan met reg gesê word dat daar nog groot dinge van dié belowende jong gholfspeler verwag kan word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
