ADVERTISEMENT:

 

Die Soutpansberg Gholfklub se A-ligaspan. Voor, van links, is Wally Jehle, Daan Nel, Franna Knoetze (spankaptein) en Willie Nel. Agter is Jay van der Walt, Zagrys Nortjé, Anthony Krügel, Hannie Jacobs, Eben Möller en Vic Jacobs.

Gholfklub se A-span is ligawenners

 

Sport  Date: 09 December 2005

 

Die Soutpansberg Gholfklub het hul reeds-prestasievolle jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit.

Nie net het die klub onlangs geskiedenis gemaak toe hulle die eerste keer die gesogte Country Cup-trofee ingepalm het nie, maar ook het die klub se A-ligaspan op 27 November as algehele wenners van die provinsiale liga uit die stryd getree. Dit is slegs die tweede keer dat die klub dié prestasie kon behaal, vier jaar nadat hulle die liga vir die eerste keer gewen het.

Die klub se A-ligaspan, bestaande uit Franna Knoetze (spankaptein), Zagrys Nortjé, Wally Jehle, Eben Möller, Jay van der Walt, Hannie Jacobs, Anthony Krügell, Vic Jacobs en Daan en Willie Nel as reserwes, het op 27 November te staan gekom teen Orange Dene op Tzaneen se gholfbaan. Hulle beklink die kragmeting 3-1. Vier spanne van twee spelers elk kompeteer in ‘n beterbal-formaat met een punt vir ‘n wen. Altesaam 16 spanne vanoor die hele provinsie het aan die liga deelgeneem.

Franna, wat ook klubkaptein is, het sy dank uitgespreek teenoor die spelers vir hul ondersteuning, deursettingsvermoë en dissipline wat aan die dag gelê is. Hy het ook groot waardering gehad vir die span se borge, Daan en Willie Nel van Northern Furnitures.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines