ADVERTISEMENT:

 

Bielie van der Schyff van die Flurian Hengelklub saam met Mohammed Rasool van Cycle Centre op Makhado (Louis Trichardt) wat as borg van die liga se trofeë optree.

Liga vir plaaslike hengelaars

 

Sport  Date: 16 December 2005

 

Die streek se hengelaars kan begin naderstaan vir deelname aan die Flurian (LMB Makhado) en Nzami Hengelklubs se Saterdag-hengelliga wat vroeg in Januarie 2006 begin. Die borg van die trofeë vir die liga is Cycle Centre.

Agt kompetisies, vier aangebied deur Flurian en vier deur Nzami, sal oor ‘n periode van 11 maande aangebied word. Daar sal voorsiening gemaak word vir ‘n mans-, dames- en junior-afdeling tydens elke byeenkoms.

Enige hengelaar is welkom om in te skryf vir hierdie kompetisie. Die doel daarvan is om hengel as sportsoort in die streek te bevorder. Persone wat nie deel is van bogenoemde twee klubs nie, sal elk R20 per kompetisie moet opdok. Eie vervoer spyseniering moet gereël word.

Al die kompetisies sal binne ‘n radius van 200km van die dorp aangebied word.

Vir meer inligting, skakel Vis van Heerden (Flurian) by tel. 084 767 2545 of Leon Rush (Nzami) by 082 577 8854.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines