ADVERTISEMENT:

 

Marli Knoetze, skitteratleet van Levubu.

Marli raap eerste goud op tydens ASA se senior kampioenskappe

 

Sport  Date: 17 February 2006

 

Marli Knoetze, goue atleet van Levubu, het die eerste goue medalje opgeraap op 10 Februarie tydens Atletiek Suid-Afrika se senior atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth.

Marli het die gewig 16.79m ver gestoot. Sy het nie aan die diskusnommer deelgeneem nie. Die Statebond Spele in Melbourne wink nou vir Marli. Dit vind plaas in Februarie en Maart vanjaar. Haar mikpunt is om ‘n brons medalje by die Statebond Spele te verower.

Dan sien Marli ook baie uit na die Junior Wêreld Spele in Beijing in Augustus, waar sy mik na goud. Sy is tans Suid-Afrika se junior gewigstootrekordhouer en het verlede jaar in September by die Afrika Junior Atletieklampioenskappe die Afrika-rekord, asook die Suid-Afrikaanse Junior rekord, met ‘n stoot van 16.93m verpletter. By dié byeenkoms het Marli ook ‘n goue medalje vir die diskus ingepalm.

Marli sê dat sy en haar afrigter saam besluit het dat sy haar nou voluit gaan toespits op gewigstoot. Daarom het sy die diskus vir eers weggebêre.

“Ek gaan nou meer konsentreer op gewigstoot en al my aandag daaraan gee,” het Marli Maandag gesê. Sy wou eintlik by Port Elizabeth graag oor die 17 meter gestoot het en teen hierdie tyd weet almal al dat as Marli haar mikpunt gestel het, sy nie sal ophou voordat sy dit bereik het nie.

Buiten brons by die Statebond Spele en goud by die Junior Wêreldspele, het Marli nog ‘n mikpunt vir hierdie jaar en dit is om goed te doen in haar studies by die Potchefstroom kampus van die Noordwes Universiteit. Sy doen vanjaar ‘n gedeelte van haar diploma in Sportkunde. Sy studeer met ‘n sportbeurs en sê dat die Pukke baie tegemoetkomend is. Sy kan tot na die Junior Wêreld kampioenskappe deur die pos studeer en sal moontlik daarna by die kampus uitkom.

Janus Robberts het ook ‘n goue medalje ingepalm in Port Elizabeth met sy puik afstand van 20.47m in die gewigstoot. Sy naaste teenstander, Roelie Potgieter, het 18.76m gestoot.

Simoné du Toit was tweede na Marli met ‘n stoot van 16.55m.

Marli sê dat die gunsteling by die Statebond Spele Valerie Vili (née Adams) van Nieu Zeeland is. Valerie het vanjaar 20.20m gestoot.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines