

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 10 March 2006
Odette en Ruzanne Kloppers is die Suid-Afrikaanse O/14-jukskei dubbelskampioene.
Die Suid-Afrikaanse Junior Jukskei Toernooi het vanaf 2 tot 9 Desember verlede jaar in Kroonstad plaasgevind.
Ruzanne het die groot prestasie behaal om as O/14-speler vir die Suid-Afrikaanse A-span gekies te word. Sy is ook aangewys as kaptein van die nasionale O/14A-span wat vanaf 1 tot 9 Mei vanjaar gaan deelneem aan toetswedstryde in Namibië.
Die eerste paar dae van die kampioenskappe is gebruik vir keuring en die samestelling van die nasionale span (O/14 dogters, O/14 seuns, O/19 dogters en O/19 seuns) sowel as ‘n SA A-span.
Streekspanne is ook saamgestel en het teen mekaar meegeding. Beide Ruzanne en Odette is verkies om in die Noordstreekspan te speel en hulle span het toe ook met ‘n goue medalje weggestap.
Odette is verder gekies as deel van ‘n elite groep van 40 spelers wat gedurende Julie in Kroonstad sal gaan speel.
Tydens die kampioenskappe in Kroonstad het die provinsiale span ‘n algehele derde plek in die O/14-afdeling behaal.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
