ADVERTISEMENT:

 

Burt de Pradines, Anton Hiebert en Basie van der Merwe van Musina het vanaf 28 Februarie tot 5 Maart Suid-Afrika verteenwoordig as Blou-Bulspan tydens die South Indian Billfish International in Mauritius.

Plaaslike hengelaars deel unieke ervaring

 

Sport  Date: 17 March 2006

 

Burt de Pradines, Anton Hiebert en Basie van der Merwe van Musina het vanaf 28 Februarie tot 5 Maart Suid-Afrika verteenwoordig as Blou-Bulspan tydens die South Indian Billfish International in Mauritius. Tydens die openingseremonie is spesiale vermelding gemaak dat dit die eerste keer in 10 jaar is dat ‘n Suid-Afrikaanse span weer deelneem.

Die kompetisie is geborg deur Air Mauritius en Blue Merlin Bier. Die Blou-Bulspan het ‘n vroeë voorsprong geneem na die vang van ‘n 180 pond blou marlyn wat weer vrygelaat is. Teen Donderdag om 11:00 deel die Blou-Bulspan steeds ‘n eersteplek in die kompetisie met Holland, maar word later deur die Hollanders uitgeskakel na die vang en vrylaat van nog ‘n Blou Marlyn.

Die Blou-Bulspan eindig uiteindelik vierde in die kompetisie. Die Hollanders behou hul eerste plek, met Frankryk wat tweede en Mauritius wat derde eindig. Die wenners van die kompetisie het as prysgeld vliegtuigkaartjies en akkommodasie vir die volgende jaar se kompetisie ontvang.

Vir hierdie drie Suid-Afrikaners wat ver van die see se viswaters woon, was dit ‘n ongelooflike ervaring. Die visstokke wat gebruik is om die marlyn te vang se katrol met ‘n breekkrag van 130 pond, kos ongeveer R18 000, waarvan daar 12 op elke boot is.

Verder het die span ‘n baie rare natuurverskynsel gesien waar twee moordvisse ‘n klein babawalvis aanval, terwyl vier groot walvisse die aanvallers probeer keer. Stukke is uit die walvisse gebyt en die water rondom die visse was rooi gekleur met bloed. Na ‘n sparteling van nagenoeg 20 minute het die walvisse ondertoe geduik. Mense wat reeds meer as 50 jaar in Mauritius bly, sê dat ‘n moordvis nog nooit voorheen in die Mauritius-omgewing opgemerk is nie en dat hierdie gebeurtenis beslis iets unieks is.

 

Written by

Colleen van Staden

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines