ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Izak Theron van Hoërskool Louis Trichardt. Foto: Facebook.

Nuwe Triegie-sportonderwyser durf moordende Double Moon Race aan

 

Hoërskool Louis Trichardt se nuwe sportonderwyser, mnr. Izak Theron, sal deel vorm van ‘n handjievol mense wat die komende naweek aan die moordende Expedition Africa Double Moon Adventure Race sal deelneem in Magoebaskloof.

Hy en spanmaat Grant Frewn sal vanaf 10 tot 12 Maart Triegies se naam hoog hou tydens die 200km avontuurwedren. Die Double Moon vereis van spanne om 19km ver te roei in ‘n kajak, dan ‘n staptog van 61 km af te lê, voordat die oorblywende 105 km met ‘n bergfiets afgelê word.

Adventure Racing is nog ‘n relatiewe nuwe sport, en nie goed bekend in Louis Trichardt nie. “Dit is ‘n multi-dissipline uithouvermoë sport waarin deelnemers meeding in spanne, deur van die wegspringpunt na die ander te navigeer,” verduidelik Izak. Sy hoop is om ook ‘n liefde vir die sport te kweek onder Triegies se leerlinge.

Intussen kan belangstellendes Izak se vordering oor die naweek volg danksy GPS opsporingsstelsels, soos wat dit gebeur, op die volgende skakel: http://www.kineticgear.org/gps-tracking/

 

Sport - Date: 10 March 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Mnr. Izak Theron van Hoërskool Louis Trichardt. Foto: Facebook.

Mnr. Izak Theron van Hoërskool Louis Trichardt. Foto: Facebook.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: