ADVERTISEMENT:

 

Colleen Cozett het op Saterdag, 1 April, nog drie goue medaljes verwerf by die Gauteng Sentraal Meesters Atletiekbyeenkoms by die Roodepoortstadion. Dié blitsige onderwyseres het die 100m, 200m en 400m gewen.

Nog drie goues vir Souties se blitsige juffrou Colleen

 

Sport  Date: 07 April 2006

 

Met nog drie goue medaljes by haar versameling, is Colleen Cozett op pad na die Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe.

Colleen (34), onderwyseres by Soutpansberg Laerskool, het die afgelope Saterdag (1ste) drie eersteplekke behaal by die Gauteng Sentraal Meesters Atletiekbyeenkoms by die Roodepoortstadion. Dié blitsige atleet het die 100m, 200m en 400m gewen in tye van 12.97, 26.86 en 62 sekondes onderskeidelik.

Dit was die tweede keer in Colleen se lewe dat sy aan die 400m nommer deelgeneem het. Die eerste keer was by die Gauteng Noord Meesters by die Pilditch stadion die vorige naweek. Daar het Colleen ook weggestap met goud in al drie haar items. Die afgelope naweek het Colleen al drie nommers se tye verbeter. Vroeër vanjaar het Colleen ook goud verwerf by die Limpopo Meesters atletiekkampioenskappe in Polokwane. Colleen neem vir Gauteng-Noord deel.

Die SA Meesters Atletiekbyeenkoms vind op 28 en 29 April in Port Elizabeth plaas. Daarna volg die Afrikaspele Meestersbyeenkoms op Réunion naby Mauritius in September. Vir hierdie geleentheid benodig Colleen nog borge. Vroeg volgende jaar wink daar ook die Wêreld Meesters in Italië.

Colleen se afrigter is haar man, Marlin, sportoffisier van die Makhado Lugmagbasis. Die Cozetts het verlede jaar vanaf die Kaap hierheen verhuis. Colleen het verlede jaar weer begin met atletiek na ‘n verposing van meer as tien jaar. Sy volg ‘n stywe oefenprogram en oefen in die oggend vroeg by die lugmagbasis asook weer in die middag by die atletiekveld van Souties.

Sy sê dat haar man en haar hoof, mnr. Whiteley, haar aangemoedig het vir die 400m. Ook haar dogter, Amber, se luide aanmoediging dra haar deur die belangrike laaste tien meter.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines