

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 28 April 2006
Die Wit Leeus van Hoërskool Louis Trichardt kraai koning in Argentinië en wen drie uit hul vier rugbywedstryde.
Die toer het plaasgevind tussen 4 en 15 April. Die doel van die toer was om 'n wenspan te ontwikkel wat die Beeldtrofee kan verower. “Hierdie doel kon slegs verwesenlik word deur spangees, 'n samehorigheidsgevoel en 'n afrigter-speler verhouding te ontwikkel. Hierdie doelwitte is gedurende die toer bereik,” sê een van die afrigters, mnr. Ralph Harding.
Gedurende die toer het die span in hotelle tuisgegaan. Hulle het ondervind dat die mense van Argentinië baie vriendelik was en die toerleidster het gehelp om die taalprobleem te oorbrug.
Die Wit Leeus se eerste wedstryd was teen SIC Club in Buenos Aires, 'n historiese stad, met pragtige geboue. Die stad beslaan 200km², met ongeveer 23 000 huurmotors en busse wat elke minuut van ‘n bushalte vertrek. Al die klubs in Argentinië begin met O/19 spelers. Die Wit Leeus wen hierdie wedstryd met 19-12.
Die volgende wedstryd is teen Sporting Club van Mar Del Plata gespeel. Hierdie stad is 'n vakansiestad wat uitsluitlik ingestel is op toeriste. Hier verloor die Wit Leeus met 21-19.
Die derde wedstryd vind plaas teen die O/19-kampioenspan, Los 50 Club, van Tandil. Tandil is 'n rustige stad op die Pampas van Argentinië. Na 'n titaniese wedstryd wen die Wit Leeus die wedstryd met 20-5.
Die laaste wedstryd speel die span teen die klub Olivos RC van Buenos Aires. Hierdie wedstryd wen die Leeus met 36-17. “Dit was gedurende hierdie wedstryd dat die span werklik as 'n eenheid begin speel het. Ten spyte van die feit dat hulle al tam begin raak het van al die wedstryde, was hulle eenheid en samespel verantwoordelik vir hierdie groot oorwinning,” sê mnr. Harding.
Die toerlede voel dat hierdie historiese toer nog lank in hul geheue sal bly. “Die nagedagtenis aan 'n wonderlike land met wonderlike mense, waar rugby na aan die harte van baie mense lê - toeskouers wat groot rugby geniet en waar sportmangees nog eg is. In watter land word oorwinnaars staande toegejuig ten spyte van die feit dat jy die opponent is? In watter land staan die bulletjies tou, sodat die oorwinnaars hulle truie kan teken – selfs al is hulle die opponente?” sê van die toerlede.
Die Wit Leeus en hulle afrigters spreek hulle dank uit teenoor die gemeenskap, borge en ouers wat hierdie toer moontlik gemaak het.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
