ADVERTISEMENT:

 

Makoppa Duathlon 'n eerste vir streek

 

Sport  Date: 05 May 2006

 

Plaaslike hardloop-, stap- en fietsry-entoesiaste het vir die eerste keer die geleentheid om aan ‘n tweekampbyeenkoms deel te neem.

Die Makoppa Duathlon vind op 13 Mei plaas en word gesamentlik aangebied deur drie instansies: die P&L Hardeware Fietsryklub, die Soutpansberg Atletiekklub en Schoemansdal Omgewingsopleidingsentrum.

Daar sal drie afdelings wees sodat elkeen van enige fiksheidsvlak kan deelneem. Die Daring Duathlon vir die “hardebaarde” bestaan uit 6km hardloop, 40km fietsry en 3km hardloop en die inskrywingsfooi is R60. Die Leisure Walk bestaan uit 3km hardloop of stap, 30km fietsry en 3km hardloop of stap en die fooi is R40. Deelnemers aan die Fun Meander gaan 2km hardloop of stap, 15km fietsry en 2km hardloop of stap en betaal R20. Registrasie vind plaas vanaf 09:00 tot 13:30.

Alle afdelings skop af en word afgehandel by Schoemansdal en ‘n Bosveldbraai word na afloop van die verrigtinge in die vooruitsig gestel.

Die idee van die tweekamp is om ‘n jaarlikse kompetisie tussen die plaaslike fietsryers en hardlopers in te stel. Elke klub sal ‘n span inskryf en die wenspan sal 'n aansienlike som as prysgeld ontvang wat tydens die prysuitdeling aan 'n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse oorhandig sal word. Benewens die spankompetisie sal daar egter ook pryse aan individuele presteerders oorhandig word.

Oornag akkommodasie en kamperingsgeriewe kan bespreek word by tel. (015) 516 4273. Om in te skryf kan die deelnemer sy of haar naam en van en die naam van die afdeling SMS na 076 193 9789.

Vir meer inligting, skakel Koos Engelbrecht by 082 490 6013.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines