ADVERTISEMENT:

 

Skietafrigter mnr. Gerard Rossouw (links) van Hoërskool Louis Trichardt wens mnr. Michael Rademeyer geluk met die goue medalje wat hy op die luggeweer SAARA kompetisie in die veteraneklas verwerf het. Inlas: Jeanette Rademeyer, leerder van Hoërskool Louis Trichardt, is gekies vir die SANSSU-skietspan wat in Augustus in Bisley, Engeland, gaan deelneem.

Jeanette gekies vir Suid-Afrikaanse skietspan

 

Sport  Date: 12 May 2006

 

Veteraanskut Michael Rademeyer van Louis Trichardt wen die eerste luggeweer SAARA-kompetisie waaraan veterane mag deelneem, terwyl sy dogter, Jeanette, gekies is vir die skietspan wat internasionaal gaan deelneem.

Die kompetisie het op 5 en 6 Mei in Kimberley plaasgevind. Michael het vir die Limpopo Provinsie deelgeneem en die staande posisie 10m Olimpiese veterane-klas gewen. Intussen is Jeanette gekies vir die SANSSU-skietspan wat in Bisley, Engeland, gaan deelneem. Jeanette het tweede gekom, ook in die staande posisie 10m Olimpiese klas.

“Dit is ook die eerste maal dat ‘n leerder van Hoërskool Louis Trichardt die prestasie behaal om gekies te word vir die SANSSU-skietspan,” sê een van haar afrigters, mnr. Gerard Rossouw. Jeanette se ander afrigter is haar pa.

Die veterane skiet drie maal 40 minute en 60 rondtes met 10 punte per rondte, wat ‘n totaal van 600 punte gee.

Die juniors skiet twee maal 40 minute en 40 rondtes uit ‘n 400 puntetotaal. Die presisie-tellings is nog nie beskikbaar nie. Die veteranespan is egter nie ingesluit in die internasionale kompetisie in Engeland nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines