ADVERTISEMENT:

 

Francois Hanekom (links) en Jannie Brink van die P&L Hardeware Fietsryklub trap hard tydens die 70km-fase van die Sterling Light Lager Magoebaskloof uitdaging op 6 Mei.

Fietsryers wys hul staal tydens Sterling Light Lager Challenge

 

Sport  Date: 12 May 2006

 

Plaaslike fietsryers het die afgelope naweek hul staal gaan wys by een van die moeilikste fietswedrenne in die land, die Sterling Light Lager Magoebaskloof Uitdaging.

Dan wag daar ook eerskomende naweek die fietsryers se kompetisie teen die hardlopers in die Makoppa Duathlon, die eerste in sy soort in die omgewing.

Die Magoebaskloof Uitdaging het uit drie afstande bestaan, die 32km wedren (om die Tzaneen Dam), die 70km wedren (‘n bergroete teen Magoebaskloof op en met George’s Valley af) en die moordende 100km wedren (wat ‘n kombinasie van die bergroete en die damroete was).

Vier fietsryers van die P&L Hardeware Fietsryklub het in die 32 km eerste in hul onderskeie kategorieë geëindig uit 80 deelnemers. Die vier eersteplekke is behaal deur Craig Went in die O/16-kategorie, Joné Grobbelaar in die Elite Dames-kategorie, Hannetjie Stadler in die Veterane (40-49) afdeling en Hetta Lombard in die Veterane (50-59) afdeling.

In die 70km was daar 84 deelnemers en onder die eerste 20 deelnemers was daar ses plaaslike ryers, met Richard Lambert 14de, Jannie Brink 15de, Francois Hanekom 16de, Arrie Lund 17de, Jurie de Jager 19de en Johan Steyn 20ste.

Drie klublede, Sarel Lubbe, Fritz du Toit en Stanley Thompson, was dapper genoeg om die moordende roete van 100km aan te pak. Die mansklubkampioen, Sarel Lubbe, het weereens puik presteer. Hy behaal ‘n algehele sesdeplek in ‘n tyd van 3:14:53. Die vyf ryers wat voor hom klaargemaak het, is almal professionele ryers van Microsoft en Tuks wat in spanverband deelgeneem het.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines