ADVERTISEMENT:

 

Marli Knoetze, Levubu se internasionale gewigstootatleet, neem die Volkswagen Polo in ontvangs, geborg deur Thompson Motors. Saam met Marli is Stanley Thompson (regs), verkoopsbestuurder van Thompson Motors.

Blink nuwe kar vir uitblinker SA-atleet

 

Sport  Date: 19 May 2006

 

Levubu se uitblinker atleet, Marli Knoetze, ry in die dorp rond met net so ‘n blink nuwe motor, goedgunstiglik geborg deur Thompson Motors van Louis Trichardt.

Mnr. Stanley Thompson, verkoopsbestuurder, het hierdie week gesê dat Volkswagen en Thompson Motors besluit het om Marli te borg. Hy sê dat Marli vir agt maande met die splinternuwe Volkswagen Polo Hatch 1.4i kan ry as bemarking, waarna die motor as demonstrasiemodel verkoop sal word.

“Sy is ‘n uitstekende atleet in ons area wat ontsettend baie doen en nie altyd genoeg erkenning kry nie,” het Thompson gesê.

Marli sê dat die Polo baie lekker ry. Die Knoetzes het groot waardering vir die gebaar van Thompson Motors.

Intussen oefen Marli dat dit klap vir die Junior Wêreldkampioenskappe in Beijing, China, in Augustus. Vanjaar is dié agtienjarige veldatleet se laaste geleentheid om aan ‘n junior wêreldbyeenkoms deel te neem.

Tussen die seniors by die Statebondspele in Nieu-Seeland vanaf 15 tot 26 Maart vanjaar, het Marli baie geleer.

“Die ervare atlete soos Chris Harmse en Shaun Bownes het ons nuwelinge baie gemotiveer. Dit was iets anders om voor 83 000 mense op te stap,” sê Marli. Verder was dit ook vir haar lekker om met Ryk Neethling te gesels. “Usafa Powell van Jamaica, die vinnigste 100m atleet op die spele, het my kom groet. Dit het ook baie vir my beteken dat Janus Robberts saam met my op die baan kon oefen toe my afrigter, oom Robbie, nie saam op die baan mag gegaan het nie,” vertel Marli. Janus het goud ingepalm met sy gewigstootafstand van 19.79m.

Marli het negende gekom met ‘n afstand van 16.09.

“Ek het so klein gevoel teen die groot Valerie Vili,” sê Marli. Vili het goud gekry het met haar stoot van 19.66m. Die bronsmedalje-wenner het 17.87m gestoot, wat 94cm verder is as Marli, ‘n junior, se beste afstand.

Marli het die gewigafstand van 16.84m gegooi by Atletiek Suid-Afrika se Junior Atletiekbyeenkoms wat op 7 en 8 April op Pilditch in Pretoria aangebied is. Sy het in September verlede jaar die Afrika junior wereldrekord verpletter met ‘n skittergooi van 16.93m.

‘n Week voor die ASA Juniors het Marli op die Suid-Afrikaanse Studente Kampioenskappe (SASU) op Port Elizabeth beide die gewigstoot- en diskusnommers gewen met afstande van 16.09m en 47.20m onderskeidelik. Marli het vir die Universiteit van Noordwes: Potchefstroom kampus deelgeneem en die Pukke het ook die byeenkoms gewen. Studente moes aan drie nommers deelneem en vir haar derde item het Marli die hamergooi probeer.

Voordat Marli China toe vertrek in Augustus, is sy nog eers uitgenooi na die Afrika Zone 6 byeenkoms in Windhoek in Junie.

Marli Knoetze bedank weereens haar afrigter, mnr. Robbie Robberts, vir sy puik afrigting.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines