ADVERTISEMENT:

 

Ali Sefole (regs) afgeneem in aksie tydens verlede week se Cravenweek. Foto verskaf.

Philip aangewys as Speler van die Wedstryd tydens Cravenweek

 

Sport  Date: 28 July 2017

 

Dit was ‘n harde stryd vir Limpopo se Blou Bulle skole rugbyspan tydens die 54ste Cravenweek.

Ten spyte hiervan het drie van Hoërskool Louis Trichardt se O/18-rugbyspelers geskitter tydens dié gesogte rugbytoernooi vir hoërskole wat verlede week in Johannesburg aangebied is.

Philip Apea-Adu en Ali Sefole het vir die Lig Bloues uitgedraf gedurende die Cravenweek. Hulle span slaag daarin om twee van hul drie wedstryde te wen. In hul eerste wedstryd klop hulle Border CD 41-3. Hierna wen hulle Border Stedelik se span 59-41. Tydens hierdie wedstryd is Philip ook aangewys as die Speler van die Wedstryd.

Die span verloor hulle laaste wedstryd teen die Griekwas 57-39.

DJ du Preez, nog ‘n Triegie-speler het uitgedraf vir Limpopo se Akademie-span. Sy span wen een van hulle drie wedstryde, naamlik teen die Griekwas met ‘n eindtelling van 64-17. Die span verloor 41-12 teen Valke Stedelik en 38-31 teen Valke Platteland.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines