

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 June 2006
Die voete is stukkend en die lywe seer, maar die plaaslike Comrades atlete is dit eens dat die Soutpansberg Atletiekklub volgende jaar ‘n reuse aanslag op die Comrades gaan maak.
Hierdie jaar het die klub sewe atlete gestuur wat die vermoeiende opwedloop van 86.75km van Durban na Pietermaritzburg op 16 Junie aangedurf het.
“Al sewe was baie suksesvol,” sê die voorsitter van die klub, Stanley Thompson.
Hester Bester het haar tiende Comrades voltooi en met haar groen nommer gehardloop.
“Dit is wonderlik hoe die mense en ander atlete ‘n mens inspireer as hulle die groen nommer sien,” het Hester Maandag gesê. Hester is die enigste klublid wat 10 keer vir dieselfde klub met dieselfde nommer aan die Comrades deelgeneem het. Sy het die afstand in ‘n tyd van 10:46:29 afgelê en het haar tiende brons medalje verwerf.
Haar beste tyd met die op-wedloop was 9:14:59 in 1994 en 8:43:48 met die af-wedloop in 1999.
Die ses mans het tussen hulle vier Bill Rowen medaljes (onder nege ure) en twee brons medaljes huis toe gebring. Lerato Letlalo het 08:05:55 gehardloop. Kobus Jordaan en Christo Woest het gelyk ingekom met ‘n tyd van 08:46:26. Die vierde Bill Rowen is ingepalm deur Joseph Phiri met ‘n tyd van 8:55:51. Die brons medaljes is verdien deur die mansatlete, Monica Milanzi en Kanakana Manwadu. Letlalo, Phiri en Milanzi is atlete van Musina wat vir die plaaslike klub deelgeneem het en Manwadu is van Thohoyandou.
Christo het in die C-blok weggespring en Kobus meer na vorentoe in die B-blok. Net na halfpad het Christo vir Kobus ingehaal en het hulle mekaar verder hard gemotiveer om vir die Bill Rowen klaar te maak. Kobus, wat al twee Bill Rowens en twee brons medaljes en op die oomblik baie stukkende tone het, sê dat die wedloop baie hard, maar goed was.
“Beplanning is geweldig belangrik en dit is netsoveel ‘n verstandelike as ‘n fisiese uitdaging,” sê Christo, wat een silwer en vier Bill Rowens in sy versameling het.
“Tydens die wedloop het hulle afgekondig dat die gemiddelde ouderdom van die atlete 40 jaar is,” sê Christo. Daar het vanjaar 11 933 atlete, 9941 mans en 1992 vroue, deelgeneem.
Die klubvoorsitter sê dat ‘n oefenprogram vir die 2007 Comrades volgende jaar in Januarie van stapel gestuur word en dat die klub beplan om tussen 25 en 30 lede in te skryf. Elkeen wat nog altyd daardie droom gehad het, kan dus saam oefen.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
