ADVERTISEMENT:

 

Die O/15A-meisieshokkiespan van Hoërskool Louis Trichardt is die wenners van die provinsiale liga vir medium skole en speel op 29 Julie teen ander provinsiale wenners. Saam met die span verskyn hul afrigters, mevv. Marie van Niekerk (links) en Nettie Gilfillan.

Triegies se O/15's maak geskiedenis

 

Sport  Date: 23 June 2006

 

Twee meisieshokkiespanne van Hoërskool Louis Trichardt het geskiedenis gemaak deur as algehele wenners van die provinsiale liga uit die stryd getree.

“Die O/15A en B-span is provinsiale wenners en dis die eerste keer in die skool se geskiedenis dat dit gebeur,” sê afrigter mev. Marie van Niekerk.

Die Limpopo meisieshokkie finale vir medium skole het op 16 Junie in Mookgophong (Naboomspruit) plaasgevind. Die O/15A’s speel in die semifinaal teen Hoërskool Nylstroom en wen 1-0. Daarna speel hulle in die finaal teen Hoërskool Hans Strydom en wen 3-2 na ‘n spannende strafhoukompetisie wat op ‘n valbylbeslissing uitgeloop het. Die O/15B’s wen 4-0 in die finaal teen Nylstroom en hul seisoen is daarmee afgehandel. Die O/15A’s speel op 29 Julie teen ander provinsiale wenners.

Die ander meisieshokkie uitslae in die semifinaal was dat beide die O/14A- en B-spanne verloor met 4-0 teen Nylstroom, die O/16A’s verloor met 2-0 teen Nylstroom en die eerstes verloor met 2-0 teen Hans Strydom.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines