ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan wat die afgelope naweek nie net hul skool nie, maar die hele Soutpansberg, trots gemaak het tydens hul deelname aan die nasionale finaal van die skole Spur XCO-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge. Van links na regs staan Roan le Roux, Rohan Cronjé, Turner de Swardt, De Wet du Toit, Jennavieve Truter, Christelle Coetzer, Eliz-Mari Pretorius, Heine de Jager, Annika Kotzé, Dominique Nel, Karla “Vossie” van Zyl en Richard Lambert. Foto verskaf.

Triegie-meisies skitter by Bekker

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan het die afgelope naweek, tydens die finaal van die landswye skole Spur XCO-liga, gewys dat hulle kan kers vashou met van die top skole in die land. Dit was Triegies se meisiesspan wat beïndruk het deur ‘n algehele nasionale vierde plek te behaal in die skoleliga.

Soos gewoonlik is die finaal van die skole Spur-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die beeldskone Magaliesberge beslis. Die finaal is oor twee dae, 7 en 8 Oktober beslis. Saterdag het die skole teen mekaar meegeding, waarna die provinsies Sondag teen mekaar kragte gemeet het.

Dit was ‘n trotse oomblik vir die Triegie-span toe die meisies ná afloop van Saterdag se kompetisie, aangewys is as die vierde beste meisiesspan uit 55 meisiesspanne in die land. Eerste was Potchefstroom Gimnasium, met Hoërskool Transvalia in die tweede plek en Hoërskool Menlopark derde.

Wat die seunsspanne betref, het die Triegie-seuns ná afloop van Saterdag se skolekompetisie ‘n algehele 42ste plek uit 75 seuns skolespanne ingeneem, bygesê dat die seunsliga heelwat groter en baie meer kompeterend is. Die Triegie meisies- en seunsspanne se gesamentlik puntetelling het uiteindelik aan Hoërskool Louis Trichardt ‘n algehele 18de plek in die top skoleliga uit 43 skolespanne besorg.

Wat individuele prestasie behels, was daar heelwat Triegie ryers wat uitgestaan het. Triegies se Christelle Coetzer ry vir haarself  ‘n algehele sesde plek los in die meisies O/16 Youth-afdeling. Sy kompeteer teen 29 deelnemers en eindig met ‘n tyd van 00:27:25 oor twee rondtes. In dieselfde afdeling spog spanmaat Karla “Vossie” van Zyl ook met ‘n Top 20 posisie deur algeheel 12de te eindig in ‘n tyd van 00:29:39 oor die twee rondtes. Die algehele wentyd van dié afdeling was 00:25:38.

Nog een van Triegies se meisies, Jennavieve Truter, behaal ook ‘n Top 20 posisie, deur algeheel 14de klaar te maak in die O/15 Youth-afdeling uit 31 deelnemers in ‘n tyd van 30:31 oor hul twee rondtes. Spanmaat Dominique Nel behaal ‘n 29ste plek in 00:36:48. Die algehele wentyd van dié afdeling was 00:26:59.

Triegies se ander twee lede van die meisiesspan, het aan die afdeling vir sub junior meisies deelgeneem. Hier behaal Annika Kotze ‘n algehele 23ste plek uit 33 deelnemers in ‘n tyd van 00:37:33 oor haar twee rondte, terwyl Eliz-Mari Pretorius 30ste eindig in 00:39:36. Die algehele wentyd van die afdeling was 00:32:57.

Wat Triegies se seuns betref, was die kompetisie vanjaar uiters straf. Triegies se Rohan Cronjé lewer die beste prestasie die dag met sy 21ste plek uit 62 deelnemers in die seuns O/15 Youth-afdeling. Hy voltooi sy drie rondtes in ‘n tyd van 00:39:27, skaars vier minute na die algehele wenner van die afdeling in ‘n tyd van 00:35:34. In dieselfde afdeling eindig spanmaat De Wet du Toit in die 41ste plek met ‘n tyd van 00:42:02. Die enigste Triegie-deelnemers in die seuns O/16 Youth-afdeling was Roan le Roux wat ‘n 46ste posisie uit 69 deelnemers inpalm oor drie rondtes in ‘n tyd van 00:39:17 (wentyd 00:34:44).

Triegies se topryer, Richard Lambert, het ‘n moeilike dag op die baan gehad. Ná ‘n val en ‘n waterbottel wat hy verloor het, moes hy twee van sy vier rondtes sonder water voltooi. Ten spyte hiervan, trap hy hard vir sy algehele 31ste posisie uit ‘n reuse veld van 104 ryers in ‘n tyd van 00:49:00 (algehele wentyd 00:44:25). In dieselfde afdeling eindig spanmaats Heine de Jager 81ste in 00:55:43 en Turner de Swardt 82ste in 00:55:48.

Sondag het die onderskeie provinsies teen mekaar te staan gekom. Triegies het sewe lede in die span gehad, naamlik Eliz-Mari, Christelle, Jennavieve, De Wet, Richard, Roan en Rohan. Ander lede van die skolespan kon egter ook deelneem, alhoewel hulle deelname nie punte getel het nie.

In die meisies sub-junior-afdeling behaal Eliz-Mari ‘n algehele 19de plek uit 28 deelnemers oor twee rondtes in ‘n tyd van 00:35:14 (algehele wentyd 00:26:37). In dieselfde afdeling eindig Annika 23ste in ‘n tyd van 00:38:23.

In die seuns O/15 Youth-afdeling verloor Rohan ‘n skoen op die veld en moes vir ‘n groot deel van sy wedren met ‘n sokkie trap. Tog eindig hy steeds in die 31ste plek uit 61 deelnemers oor drie rondtes in 00:26:11 (algehele wentyd 00:23:25). Spanmaat De Wet was 42ste in 00:27:20. In dieselfde afdeling vir meisies spog Jennavieve weer met ‘n top 20 posisie deur 16de uit 29 deelnemers te eindig oor twee rondtes in ‘n tyd van 00:30:21 (algehele wentyd 00:26:56). Spanmaat Dominique was 28ste in ‘n tyd van 00:37:11.

In die meisie O/16 Youth-afdeling, skitter Christelle met ‘n algehele 5de plek uit 24 ryers in ‘n tyd van 27:21 oor twee rondtes (algehele wentyd 00:25:29). Alhoewel haar deelname nie punte getel het vir die provinsie nie, volg spanmaat Karla haar 12de plek die vorige dag op met ‘n 14de plek in die provinsiale kompetisie in ‘n tyd van 00:30:28. In dieselfde afdeling vir seuns, trap Roan vir hom ‘n 40ste plek los uit 61 deelnemer in ‘n tyd van 00:25:56 (algehele wentyd 00:22:25) oor drie rondtes.

In die junior mans-afdeling veg Richard verbete terug vir ‘n algehele 24ste plek uit 96 deelnemers. Hy voltooi sy vier rondtes in ‘n tyd van 00:35:21 (algehele wentyd 00:32:01). Sy spanmaat Turner verbeter sy posisie na ‘n 69ste plek in die wedren oor vier rondtes met ‘n tyd van 00:39:53, terwyl Heine verbeter na die 75ste posisie in ‘n tyd van 00:41:33.

Weens die Triegies se bydrae tot die provinsiale span, eindig Limpopo algeheel 6de uit 11 provinsiale spanne, wat ingesluit het spanne van Namibië en Zimbabwe.

Sport - Date: 12 October 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Triegies se Christelle Coetzer het die beste van die Triegie-ryers gevaar tydens haar deelname aan die finaal van die skole Spur XCO-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge die afgelope naweek. Tydens Saterdag se top skole liga, eindig sy algeheel sesde in die meisies O/16 Youth-afdeling, As deel van die provinsiale span eindig sy algeheel vyfde tydens Sondag se provinsiale kragmeting.

Nog 'n Triegie-meisie deelgeneem het aan die finaal van die skole Spur XCO-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge die afgelope naweek was Jennavieve Truter. Saterdag eindig sy algeheel 14de in die O/15 Youth-afdeling. As deel van die provinsiale span, palm sy Sondag ‘n 16de plek in dieselfde afdeling in.

Triegies se Karla “Vossie” van Zyl was een van die skool se drie dogters wat die afgelope naweek ‘n Top 20 posisie losgery het tydens die finaal van die skole Spur XCO-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge. Saterdag eindig sy algeheel 12de in die O/16-afdeling vir Youth meisies en Sondag eindig sy 14de in dieselfde afdeling.

Triegies se topryer, Richard Lambert, het Saterdag ‘n moeilike dag op die baan beleef. Ná ‘n val en ‘n waterbottel wat hy verloor het, moes hy twee van sy vier rondtes sonder water voltooi en eindig algeheel 31ste uit ‘n reuse veld van 104 ryers in die junior mans-afdeling. As deel van die provinsiale span, eindig hy Sondag in die 24ste plek in dieselfde afdeling.

Triegies se Rohan Cronjé lewer Saterdag, tydens die top skole liga, die beste prestasie van die dag onder die Triegie seuns met sy 21ste plek uit 62 deelnemers in die seuns O/15 Youth-afdeling. As deel van die provinsiale span, eindig hy Sondag 31ste in die provinsiale liga, nadat hy ‘n groot deel van sy wedren sonder ‘n skoen moes ry.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: