

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 21 July 2006
Die Soutpansberg Akkedis Mountain Bike Challenge, wat deur baie bestempel word as die beste bergfietswedren in die land, word op Saterdag, 29 Julie, vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied.
Dié bergfietswedren, wat georganiseer word deur die Schoemansdal OOS (Omgewingsopvoedingsentrum) en die P&L Hardeware Fietsryklub van Makhado (Louis Trichardt), is die enigste bergfietswedren wat vanuit die Limpopo Provinsie georganiseer en aangebied word en daar word genoem dat verskeie nasionale reeksorganiseerders hul oog op die wedren het om dit deel van die nasionale reeks fietswedrenne te maak.
Die wedren bestaan weer uit ‘n 70km marathon, ‘n 35km halfmarathon en ‘n 10km “fun ride”. Die 70km roete bied werklik ‘n uitdaging aan fietsryers en is baie tegnies van aard, terwyl die 35km so ontwerp is dat padfietsdeelnemers dit maklik sal kan baasraak, maar tog in al die ervarings van ‘n bergfietswedren sal kan deel. Die 10km is ‘n kindervriendelike roete. Die prysgeld in die verskillende kategorieë onderskei ook nie tussen mans en dames nie.
Met die beplanning van die wedren het die gemeenskap groot belangstelling getoon en betrokke geraak. Grondeienaars oor wie se grond die wedren strek, is bedank vir hul ondersteuning. Die organiseerders het ook dank uitgespreek teenoor die P&L Hardeware Fietsryklub, Scoemansdal OOS, P&L Hardeware en Coca-Cola Fortune (Makhado) wat hulself verbind het tot die wedren.
Vir meer inligting, besoek die webwerf www.soutpansberg-mountainbike.co.za of stuur ‘n e-pos aan [email protected] Alternatiewelik, skakel Johan of David by (015) 516 4881 of 082 740 8740.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
