

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 28 July 2006
Drie perderuiters van Makhado (Louis Trichardt) het aan die Nasionale Uithourit Kampioenskappe in Fauresmith, die enigste drie-dag uithourit in die wêreld, deelgeneem.
Daar was omhelsings, gelukwensings en trane van blydskap en teleurstelling by die eindpunt van hierdie 33ste nasionale uithourit, wat op 4 Julie begin het.
Leonie en Lanel van Nieuwenhuizen, ma en dogter, en ook Maggel Greyling het deelgeneem aan hierdie moordende rit oor 201km in bittere koue en dit voltooi. Hierdie uithhourit word beskou as van die moeilikste ter wêreld. Die 14-jarige Lanel het haar provinsiale kleure gekry en is gekies om vir die span van Noord-Gauteng te ry. Alda Rorbeck van Musina het hierdie jaar die eerste keer deelgeneem en het ook klaargemaak.
Daar was 356 ruiters wat gekwalifiseer het en 291 perde is voor die aanvang van die rit deur die veeartspaneel ondersoek om seker te maak dat die perde fiks en gesond is. Hierdie kompetisie word deur baie streng reëls beheer. ‘n Hele aantal ruiters is nie toegelaat om weg te spring nie, omdat hulle perde deur die veeartse gediskwalifiseer is. Elke perd wat aan die rit deelneem, word elke 30km deur die veearts ondersoek voordat die ruiter en perd weer kan voortgaan. By die wegspring was daar 265 ruiters, waarvan 152 die rit na drie dae voltooi het.
Die amptelike borg, Subaru, het met verskeie van hulle sleepvoertuie elke dag heen en weer gery met perdewaentjies om die perde wat gedurende die rit uitgeval het, terug te bring na die beginpunt.
Leonie en Lanel van Nieuwenhuizen neem op 30 Augustus aan 'n een-dag rit oor 120 km in Walvisbaai, Namibië, deel.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
