ADVERTISEMENT:

 

Johan van Zyl, die algehele wenner van die 70km rit van die Akkedis Bergfietswedren, kom verheug by die wenpaal aan. Johan het dié moeilike rit in 2:42:23 voltooi.

Van Zyl wenner van tweede Akkedis

 

Sport  Date: 04 August 2006

 

Die Akkedis Bergfietswedren op 29 Julie het Schoemansdal en die Soutpansberg weer omskep in ‘n miernes van bedrywighede. Deelnemers het van afgeleë plekke, selfs Zimbabwe, gekom om die strawwe 70km en die makliker 35km bergroetes te beproef.

Dit was slegs die tweede Akkedis en deelnemergetalle toon reeds ‘n groei van 158% aan.

“Die Akkedis word al amper ‘n Likkewaan!” sê die organiseerders. Daar is ook al onderhandelinge in die pyplyn om die Akkedis deel van ‘n bekende reeks te maak.

Tye het gewissel tussen 2 uur 42 minute en net oor die 7 ure vir die 70km wedren. Sommige ryers het moeg, swetend, bloeiend en vol stof by die eindpunt aangekom, maar almal het net lof en komplimente gehad oor die roete, die organisasie, die mense en die harde, maar pragtige Soutpansberg.

Die gunsteling, Johan van Zyl, het die mansafdeling oor 70km gewen in ‘n tyd van 2:42:23. Die tweede- en derdeplekke is onderskeidelik deur Wouter Staats (2:46:19) en Dana Coetzee (2:47:38) ingeneem.

Samantha Oosthuizen was die brawe eerste dame om die 70km te voltooi. Haar tyd was 3:21:53 en sy was algeheel sewende. Adele Drake (4:17:56) en Fiona Coward (4:44:45) het tweede en derde geëindig.

In die 35km was Bernardt Fourie die eerste man en hy het die afstand in 1:23:16 voltooi, met Chris de Klerk en Paul van der Westhuis in die tweede- en derdeplekke. Ina Snyman was die eerste dame in die 35km (1:51:16) met Susan Grové en Denene de Waal die tweede en derde dames.

Die 10km-pretrit is gewen deur Nic Human, met Willem Belgraver (tweede) en Frans Nel (derde) op sy hakke. Die jongste dogter wat deelgeneem het, was Bianca Spies en die jongste seun Willie Nel.

Die sukses van die tweede Akkedis Bergfietswedren was weereens grootliks te danke aan die uitstekende ondersteuning van die hele gemeenskap, die vrywillige helpers, grondeienaars en besighede. Die personeel by Schoemansdal OOS en die P&L Hardware Fietsryklub word gelukgewens en hartlik bedank.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines