ADVERTISEMENT:

 

Jeannette Rademeyer (regs voor), uitblinker skut met haar nasionale kleure baadjie aan, in London, saam met die Britse koninklikes afgeneem. Van links is prins Charles, Tarien Jackson (spanmaat), Koningin Elizabeth II, Jeanette Rademeyer, en Prins Phillip (agter) … natuurlik by die Londonse Madame Tussauds Wasmuseum.

Uitblinker skut vertel van oorsese ervaring

 

Sport  Date: 18 August 2006

 

Jeanette Rademeyer, uitblinker skut van Hoërskool Louis Trichardt, het Suid-Afrika verteenwoordig in Groot Brittanje by die Veertiende Junior Internasionale Skietkompetisie.

Jeanette was opgeneem in die Suid-Afrikaanse Skole Skietspan wat uit twee meisies en 13 seuns bestaan het.

Die internasionale kompetisie is vanaf 8 tot 10 Augustus aangebied by die Lord Roberts Bisley Sentrum in Surrey, naby London. Suid-Afrika was algeheel derde, met die VSA en Brittanje in die eerste en tweede plekke. Die ander twee spanne wat deelgeneem het, was van die Republiek van Ierland en ‘n provinsiale span uit Duitsland.

In spanverband was Jeanette vierde in presisie en individueel het sy twintigste uit ongeveer 900 deelnemers in presisie geëindig. In die Grand Prix individuele kompetisie het Jeanette elfde gekom. Dit word oor 40 skote in die staanposisie beslis en is ekwivalent aan die 10Meter Olimpiese afdeling in Suid-Afrika. In die spankompetisie van die 10Meter Olimpies het Jeanette se span 23ste geëindig.

“Dit was ‘n groot ondervinding om so as ‘n span op te tree en mekaar se swak en sterk punte aan te vul en te leer ken,” sê Jeanette.

Jeanette sê dat die hele vlieg- en oorsese ervaring iets is wat geld nie kan koop nie.

“Die vliegtuigrit was ‘n stresvolle eerste vir my. Ons het die aand van 2 Augustus vertrek Daar aangekom, is alles so groot and alles gaan met so ‘n groot spoed. Wat ‘n uur neem hier, word daar in vyf minute gedoen,” sê Jeanette.

Die besoeke aan bekende besienswaardighede het die ervaring verryk en ‘n foto saam met koningin Elizabeth was ‘n moet … natuurlik by die Londonse Madame Tussauds Wasmuseum.

Met die terugvlug op 11 Augustus het die bomdreigemente, wat veroorsaak het dat onder andere gunsteling sjokolade gekonfiskeer is, asook ‘n woeste storm bokant die Kongo, bygedra tot ‘n onvergeetlike ervaring.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines