ADVERTISEMENT:

 

Triegies raap plekke op tydens Interhoër

 

Sport  Date: 01 March 2018

 

Die sonroom het verlede week reg gestaan in Musina met Hoërskool Eric Louw wat vanjaar gasheer gespeel het vir die jaarlikse Interhoër-atletiekbyeenkoms.

Skole wat sake op die atletiekbaan en pawiljoene uitgespook het, was die gasheer skool, Hoërskole Pietersburg (PHS), Merensky (Plasies), Louis Trichardt (Triegies), Tom Naudé, Frans du Toit (Fransies) en Northern Academy.

Triegies het hulle op beide die baan en pawiljoen goed van hul taak gekwyt.

Die hoogtepunt vir die Triegie-span was beslis toe Richard Lambert die O/19 driesprongrekord verbeter het. Hy het vinnig die ou rekord van 13.88m geëwenaar, waarna hy dit verbeter het tot 13.99m en daarna die nuwe rekord van 14.11m opgestel het.

Die Triegie-span het altesaam 15 goue, 27 silwer en 39 brons medaljes ingeoes.

Op die pawiljoen het die Triegie-seerowers met hulle reuse skip, die Scallywag, beslis die aandag getrek. Die span se energieke optrede, nie net tydens hulle openingsaanbieding nie, maar reg deur die dag, het aan hulle ‘n tweede plek op die sangbekerlys besorg.

Algeheel het Triegies derde op die punteleer geëindig, ná Merensky wat tweede was en PHS wat as die algehele wenners gekroon is.

Die Louwtjies eindig algeheel sesde ná Tom Naude en Frans du Toit, wat onderskeidelik die vierde en vyfde plekke ingepalm het. Hulle span het‘n totaal van vier goue, agt silwer en 12 brons medaljes gewen.

Kyk na nog foto's hier.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines