

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 22 September 2006
Vier lede van die Soutpansberg Gholfklub het vir die eerste keer in die klub se geskiedenis deelneem aan die Ruth Newman Gholftoernooi by Sun City op 4 September. Die toernooi word elke jaar vir die afgelope 26 jaar daar aangebied.
Die Soutpansberg-span, bestaande uit Edna Wolmarans, Marissa van Wyk, Louise Lordan en Marina Stoop, het nie sleg gevaar vir ‘n eerste deelname op die Lost City-baan wat baie uitdagings opgelewer het nie.
Die volgende dag het die Gary Player-baan by Sun City aan die beurt gekom. Dié baan was ook uitdagend, maar die span was goed voorbereid en het uiteindelik skoonskip gemaak met 59 punte. Soos die vorige dag, was die formaat van spel ‘n vierbal alliansie.
Die wenners van die toernooi oor twee dae het met 114 punte gewen, met die span van die Soutpansberg wat sewende was met ‘n telling van 111 punte. Altesaam 49 spanne het deelgeneem.
Die span het hul dank uitgespreek teenoor hulle borge, Theo Lordan van Vhavenda Bricks en Rampie Gilfillan van Bridge Motors, vir die borgskap van hempies en brandstof. Intussen is daar ‘n uitnodiging aan alle vroue gerig om te begin gholf speel.
“Ons het ‘n fees gehad op Sun City en gaan beslis volgende jaar weer. Dalk kan ons dan meer as net een span inskryf,” sê hulle.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
