

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 13 October 2006
Plaaslike fietsryers neem ver en wyd deel. Die fietspaar Jan en Hetta Lombard het aan die Ver-Dur Fietstoer deelgeneem en meer as 700 kilometers afgelê.
Die naam van die toer, Ver-Dur, word afgelei van Vereeniging en Durban, die begin en eindpunt van die toer.
Die Lombards het 745km in vyf dae afgelê vanaf 1 tot 6 Oktober. Die lang trap het begin met die eerste been van 155km wat die fietsryers van Vereeniging tot by Reitz geneem het. Die volgende dag was die skof 152km vanaf Reitz tot Klein Switzerland en daarna 120km tot by Estcourt. Hierdie vyf-dag aaneenlopende toer se tweedelaaste been was die 120km tussen Estcourt en Pietermaritzburg, met die laaste 98km vanaf Pietermaritzburg tot by Durban waar hulle by die Durban Golfklub geëindig het. Ver-Dur word aangebied deur die Rotariërs van Vereeniging en die fietsryers het twee van die aande by Rotariërs oorgeslaap.
Die deelnemers se ouderdomme het gewissel van 18 tot oor die 70 jaar, met die oudste deelnemer 77 jaar. Die paaie was in die algemeen goed en die weer het die meeste van die tyd goed saamgespeel. Al die dae het goeie weer gebring, behalwe vir die tweedelaaste dag toe die fietsryers ysige reënweer moes trotseer.
Jan en Hetta bedank graag hulle hoofborg, Cycle Centre, en alle ander mense en instansies wat die fietstoer vir hulle moontlik gemaak het.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
