ADVERTISEMENT:

 

Hennie Anderson vanaf Klerksdorp, wat verlede jaar saam met Piet Chauke die gesogte Hanglip 54-toernooi gewen het, sal vanjaar weer hier wees om sy titel te verdedig.

Hanglip 54 lok weer vol veld

 

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 12 tot 14 Julie vir die 25ste agtereenvolgende jaar deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied.

Vanjaar se kompetisie sal weer ’n vol veld van 128 spelers lok met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Meer as 50% van die veld bestaan uit besoekers.  Die nou reeds bekende “Klerksdorp groep” sal weer getrou vanjaar se toernooi ondersteun met ‘n totaal van 36 spelers. Daar is ook spelers van verskeie ander klubs uit verskeie provinsies, uitsluitend spelers vanaf onder meer Pretoria, Nelspruit en Lydenburg.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Die Soutpansberg Gholfklub sal hierdie jaar poog om die gesogte Hanglip 54-trofee terug te wen en op eie bodem te hou, nadat dit verlede jaar deur besoekers Hennie Anderson en Piet Chauke gedeel is. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie dat die trofee as algehele wenner gedeel is. Anderson, een van die Klerksdorp-manne, sal vanjaar weer afslaan om sy titel te verdedig. Chauke speel nie hierdie jaar nie.

Die Hanglip 54 se hoofborge hierdie jaar is die Makhado Munisipaliteit en PJ Timbers. Oudergewoonte het die toernooi Woensdagaand afgeskop met die hou van die gholfklub se “perdeveiling” waar alle spelers opgeveil word.

Sport - Date: 12 July 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: