ADVERTISEMENT:

 

Ruan Muller van die plaaslike rugbyklub, is gekies om aan ‘n sewesrugbytoernooi teen die Springbok Sewes in Johannes-burg deel te neem.

Ruan gaan skouers skuur met Springbok Sewes

 

Sport  Date: 24 November 2006

 

Ruan Muller van die Louis Trichardt Rugbyklub is gekies om aan ‘n sewes rugbytoernooi teen die Springbok Sewes in Johannesburg deel te neem.

Dié puik 21-jarige sewesspeler het in die onlangse sewestoernooie 19 drieë gedruk. Vir die Limpopo Bloubulle het Ruan, ‘n wakker skrumskakel, agt drieë gedruk tydens die Noordelike Streek toernooi op Nelspruit op 27 Augustus. Tydens die volgende toernooi op 3 September in Secunda het Ruan ook vir die Bloubulle uitgedraf en twee drieë aangeteken. In die toernooi op 24 September in Phalaborwa het Ruan weereens vir die Bloubulle agt drieë gedruk. Daarna het die afrigters spelers van ander spanne getrek en het Ruan vir die Pumas haker teen die Bloubulle gespeel en een drie aangeteken.

Ruan en een Phalaborwa-speler is vanuit die Limpopostreek genooi om vandeesweek teen Paul Treu se sewes Springbokke te speel. Die Springbokke maak hulself gereed om aan die IRR sewestoernooi in Dubai deel te neem en hulle vertrek op 26 November. Ruan is een van die spelers van die Noordelike Streek, wat bestaan uit die Limpopo Bloubulle, Bloubulle, Leeus, Luiperds, Valke en Pumas.

Ruan sien uit daarna om teen sewessterre soos Stefan Basson deel te neem.

"My grootste ideaal is om ‘n Springbok te word. Ek beskou my rugby as ‘n talent wat die Here my gegee het, wat ek moet beoefen," het Ruan voor sy vertrek na Johannesburg gesê. Ruan volg die fiksheidsprogram van die Limpopo Bloubulle getrou na.

"Vir die skrumskakelposisie moet ek drie kilometer in 11 minute 15 sekondes kan hardloop, elke dag in die gimnasium oefen en baie stamina en kragoefeninge doen," sê Ruan. Vroeër in die seisoen het hulle ook twee maal per week op Phalaborwa of Tzaneen geoefen.

Ruan, wat al sedert hoërskooldae klubrugby speel, is die afgelope nege maande skrumskakel vir die Louis Trichardt Rugbyklub. Ruan se rolmodel is die bekende Carlos Spencer (31) van Nieu-Seeland.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines