

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 15 December 2006
Die Akkedis Bergfiets wedren gaan deel word van die opwindende Dirty Double Reeks.
Onderhandelings om die Akkedis in die Dirty Double-5-wedren reeks in te sluit, is tans in ‘n finale fase.
Die ander wedrenne wat deel van hierdie reeks sal wees, is die Sabie Experience Dirty Double, die Groot Marico Dirty Double, die Greytown Dirty Double and die Citrusdal Dirty Double.
Deelnemers wat aan die tradisionele Akkedis wedrenne, die 70km marathon of die 35km half-marathon, wil deelneem, sal steeds die geleentheid hê om dit te doen. Vir die meer avontuurlustige sal spanne met twee deelnemers kan kompeteer vir twee opeenvolgende dae. Op die Saterdag moet die spanne die moordende 70km marathon met die Drie-landskappe-in-een wedren aandurf. Na ‘n kort nagrus moet hulle die 35km half-marathon (Bushveld Ramble) aandurf.
David Pretorius en Johan van Dijkhorst van Schoemansdal Omgewings- en Opvoedingssentrum se droom was om ‘n bergfietswedren aan Suid-Afrika bekend te stel wat kan groei en wat die pragtige omgewing van die Soutpansberg aan die land se bergfietsentoesiaste kon voorstel. Met die ondersteuning van die P&L Hardeware Fietsryklub het die eerste Akkedis Bergfietswedren op 8 Oktober verlede jaar plaasgevind. Tipiese Soutpansbergweer, met vier seisoene in een dag, het gesorg dat die bergfietsryers uiterstes kon belewe, so reg in hulle kraal.
Met die tweede Akkedis op 29 Julie vanjaar het die inskrywings met 158% gegroei. Die roete is verder verbeter met ‘n 15km enkelbaan wat met die hand doringvry gemaak is.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
