ADVERTISEMENT:

 

Hierdie seunsatlete het trofeë verower na aanleiding van hulle prestasies tydens die bokkesport van Hoërskool Louis Trichardt op 18 Januarie. Van links is Barend Harris (middelafstand), Pitus Maiwashe (naelloop, hekkies en prestasie van die dag) en Sedzani Muswede (veldatleet).

Pitus laat 36 jaar-oue rekord spat

 

Sport  Date: 26 January 2007

 

‘n Atletiekrekord wat 36 jaar lank gestaan het, het verlede week gespat toe Pitus Maiwashe van Hoërskool Louis Trichardt die 100meter in 11.40 sekondes afgenael het.

In 1971 het Hansie Uys die O/16 100m rekord opgestel toe hy ‘n blitsige tyd van 11.50 gehardloop het tydens die skool se bokkesport op 18 Januarie. Na 36 jaar in die rekordboeke word Hansie se naam vervang met dié van Pitus.

Pitus het ook Hansie se O/16 200m rekord geëwenaar. In 1971 het Hansie sy rekord van 23.40 opgestel. Verder het Pitus die 110m hekkiesrekord geëwenaar en die verspring gewen.

Baie atlete het reeds aan die begin van die seisoen uitgeblink, soos Jorika Grobler (D/O15) in die 400m en 800m, Barend Harris (S/O17) in die 3 000m, Rozanne Kloppers (D/O15) in die 300m hekkies, Anél Brink (D/O 17) in die driesprong en Sedzani Muswede (SO/16) in verspring. Anél en Ruzanne was onderskeidelik senior en junior victrix ludorum, terwyl Hulisani Ramudzwagi en Ashwin Laurence as senior en junior victor ludorum aangewys is.

Tydens die bokkesport het die Gemsbokke in alle afdelings geseëvier deur die seuns- en dogtersafdelings te wen. Die Gemsbokke wen met ‘n groottotaal van 867,5. Die Koedoes is tweede met 668 en die Rooibokke derde met 501,5.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines