ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike ruiter Lanel van Nieuwenhuizen (15) het die uithourit oor 80 km in Nieu-Seeland by Cannington naby Christchurch gewen en ook die toekenning vir die bes-voorbereide perd ontvang.

‘n Eerste plek vir Lanel in Nieu-Seeland

 

Sport  Date: 09 March 2007

 

Lanel van Nieuwenhuizen is die enigste ruiter van Suid-Afrika wat die afgelope jare ‘n eersteplek in die buiteland kon behaal.

Lanel (15) wen die uithourit oor 80km in Nieu-Seeland by Cannington naby Christchurch. Sy het in die junior-afdeling meegeding.

"Lanel is die eerste Suid-Afrikaner van beide kinders en volwassenes wat in die buiteland eerste kom," sê Lanel se ma, Leonie van Nieuwenhuizen, wat self ook ‘n kranige ruiter is.

Nieu-Seeland was ‘n ervaring vir Lanel en die uithourit het ook nie sonder spanning ‘n aanvang geneem nie. Lanel en nog ‘n junior is deur Suid-Afrika gestuur om vir drie weke op ‘n Arabierteelplaas te werk. Hulle het die perde geoefen, hulle voorberei vir uithouritte en gehelp met teling. Die perd waarop Lanel die heeltyd geoefen het, het kruppel geraak net voor die uithourit. Hulle het vir haar ‘n ander perd gelaai, wat toe seerkry met die laaislag. Leonie sê dat Lanel in daardie stadium Suid-Afrika toe gebel het en gevra het dat hulle moet bid. Die derde perd wat toe aan Lanel gegee is, was Kishon Fashamatazz en daar wen ruiter en perd toe die uithourit op 13 Januarie, asook die toekenning vir die bes-voorbereide perd. Hierdie toekenning gaan aan die ruiter wat sy of haar perd die oordeelkundigste gery het sodat die perd na die rit nog in ‘n toestand is om verder te kan gaan. Lanel sê dat hulle hoog in die wolke gery het in ‘n bergagtige gebied en die woude en water in die pragtige natuurskoon geniet het.

Terug in Suid-Afrika, neem Lanel deel aan haar eerste uithourit hier, die Mogale uithourit oor 80.9km naby Krugersdorp. Sy kom eerste en wen weer die toekenning vir die bes-voorbereide perd.

Ma Leonie op haar beurt het sewende gekom vir die standaardgewig in die Willem Prinsloo uithourit oor 80km naby Bronkhorstspruit. Hierdie rit is beskryf as Suid-Afrika se grootste een-dag uithourit ooit, met 314 ruiters. Baie perde het geval weens die moeilike baan. Ranald Vise het ‘n sewentiendeplek in dieselfde rit behaal.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines