ADVERTISEMENT:

 

Een van die hoogtepunte tydens die Grenfell Rugbydag van 24 Maart 2007 was die vertoning van die beroemde Blue Bull Babes kort voor die hoofwedstryd van die dag. Die vyf Vodacom Bulls Babes, geklee in hul Cowboy-uitrustings, kompleet met stewels, kamaste en lang blou jasse, het behoorlik oor die skare geloop met hul skouspelagtige vertoning. Kort voor lank het die jasse en kamaste gewaai en kon hulle die skare vermaak met hul soepel bewegings. Na hul vertoning kon toeskouers saam met hulle poseer vir foto’s. Buiten die feit dat hierdie meisies perfekte lyfies het, laat hulle gimnastiektoertjies ‘n mens gou stom van verbasing. Beslis die kersie op die koek van ‘n uitstekende rugbydag. Afgeneem saam met die Bulle se skoonhede is Karlien van der Westhuizen (tweede van regs), ‘n Graad 9-leerling van Hoërskool Eric Louw.

MAC Messina beïndruk tydens Grenfell-dag

 

Sport  Date: 30 March 2007

 

Die rugbyspan wat vir die meeste aksie op die veld gesorg het tydens die MAC Messina Grenfell Rugbydag op 24 Maart op Musina, was beslis MAC se eerstespan met hul spogoorwinning van 50 punte teenoor 10 teen Letaba.

Kort voordat die span gereed gemaak het om te gaan opwarm, het hulle gemeld dat dit hul doel was om ‘n eindtelling van minstens 80 punte op die telbord te plaas. Hulle skitterende, doelgerigte spel in die eerste helfte van die wedstryd het aan hulle reeds ‘n puntetelling van 38 op die telbord gegee. Hul spel regdeur die wedstryd is gekenmerk deur puik balhantering en goeie kommunikasie onderling.

Die puntemakers van die wedstryd was Gerald Sibanda met drie skitterende drieë, asook Ruan Miller, Emiel Venter, Werner Lee, Mauritz Adendorff en Dawie Lubbe, wat elk een drie gedruk het. Karel Erasmus was suksesvol met vyf van die agt doelskoppe.

Tydens die prysuitdeling later die aand, is Dennis van der Walt aangewys as die voorspeler van die wedstryd. Bennie van der Berg ontvang die toekenning as agterspeler van wedstryd. Ndix Ndoweni is aangewys as die beste speler van die wedstryd.

 

Written by

Colleen van Staden

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines