

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 13 April 2007
‘n Jong plaaslike atleet, Jeanne-Mari Viviers, wat vir Gauteng-Noord deelneem, het puik presteer op die jongste Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir fisies-gestremde atlete. Die byeenkoms is verlede week in Germiston afgehandel.
Jeanne-Mari, wat op ‘n jong ouderdom haar sig verloor het, het vier medaljes verower, waaronder een goud, en drie silwer.
In die O/18 F11-afdeling het Jeanne-Mari ‘n goue medalje met verspring verower. In nog ‘n F11-item, die O/18-gewigstoot, het sy presteer met ‘n silwer medalje.
In die O/18 T11-afdeling het sy nog twee silwer medaljes ingepalm met naellope in die 100m en in die 200m.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
