ADVERTISEMENT:

 

Kremetart bring geweldige finansiële inspuiting vir dorp

 

Sport  Date: 27 April 2007

 

Die jaarlikse Powerade Kremetart Fietswedren wat op 9 Junie plaasvind is reg om die plaaslike ekonomie ‘n groot finansiële hupstoot te gee.

Inskrywings beloop tans omtrent 400 en ‘n totaal van 1 600 (1 000 in die 175km, 500 in die 100km en 100 in die pretwedren) deelnemers word verwag. Indien die verwagte inskrywings realiseer, sal die plaaslike ekonomie ‘n reuse inspuiting van omtrent R5.25 miljoen kry en soos dit in die dorp sirkuleer effektief R20 miljoen bydra tot algehele ekonomie.

Alle fondse wat deur Powerade Kremetart aktiwiteite gegenereer word, word direk of indirek in die gemeenskap teruggeploeg. Die oorgrote meerderheid word na liefdadigheidsorganisasies gekanaliseer.

Inskrywingsgelde behoort R350 000 te genereer. Die 1 600 deelnemers kan 4 000 besoekers na die dorp lok en die borge (met Powerade as hoofborg) behoort ‘n enorme bedrag van R300 000 as bedryfskapitaal beskikbaar te stel.

Die 4 000 besoekers sal omtrent R2 miljoen aan akkommodasie vir die naweek spandeer. Indien elkeen nog ‘n verdere R500 gedurende die naweek spandeer kan dit nog ‘n verdere R2 miljoen hupstoot gee.

Lokale brandstof omset kan met R600 000 vermeerder as gevolg van die besoekers. Daar word ook onder andere meer as 40 voertuie gedurende die naweek deur beamptes gebruik. Alhoewel tolhekuitgawes nie lokaal aangewend word nie, is dit deel van die ekonomiese uitvloei van die wedren.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines