

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 18 May 2007
Ruiter Lanèl van Nieuwenhuizen het vir Suid-Afrika deelgeneem tydens die Drie Nasies Uithourit wat op 5 Mei by Loskopvallei aangebied is.
Lanèl (15) sê dat sy baie bly was toe sy gehoor het dat sy in die nasionale juniorspan opgeneem is.
"Dit is waarvoor ek nog altyd gewerk het en nog steeds werk," sê Lanèl.
Lanèl het om 02:00 weggespring met kopligte op ‘n moeilike bergagtige baan met ‘n moeilikheidsgradering van drie sterre, die hoogste gradering. Ruiters het uiterste temperature getrotseer van -3ºC in die nag en 24ºC in die dag. Daar was meer as 200 ruiters, onder meer nasionale spanne van Namibië en Botswana en individuele ruiters van Nieu-Seeland. Lanèl sê sy weet nie presies hoe lank die 120km haar geneem het nie. Sy het tweede van die Suid-Afrikaanse span geëindig. Haar perd, Studvit Sam, het die onderskeiding dat hy een van die min perde in Suid-Afrika is wat nog nooit uitgeval het gedurende ‘n wedloop nie en hy neem al vyf jaar kompeterend deel.
Ma Leoni en haar perd Soraya Jafer het ook baie goed gevaar tydens die internasionale uithourit by Loskopvallei. Sy het die 160km in 12 uur 11minute afgelê, waartydens haar perd 30 keer deur die veearts ondersoek is .
Machel Greyling met haar perd Abla is nog ‘n ruiter van die Soutpansberg ruiterklub wat die 120km suksesvol voltooi het.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
