

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 15 October 2004
THOHOYANDOU – Van die streek se top atlete het Saterdag (9de) hier vergader vir deelname aan ‘n halfmarathon ten bate van liefdadigheid. Die halfmarathon is gesamentlik aangebied deur die Limpopo Mirror, die Zoutpansberger se susterskoerant, en Spar Thohoyandou.
Die halfmarathon is gewen deur Bethuel Netshifhefhe in ‘n tyd van 1:06:58. Tweede was Stanley Nekhondela en derde was Abel Nemukula.
Die eerste vrou verby die wenstreep was Joyce Makwarela, gevolg deur Livhuwani Maduka in die tweede plek en Ndofhiwa Mandiwana in die derde plek.
Wat die juniors mans betref, was Tshimangadzo Ravele eerste tuis. Tsepo Munyai was tweede en Humbulani Dzebu derde. Onder die vroue was Humbulani Thenga die eerste junior by die eindpaal, met Lucy Munyai tweede.
Die 10 kilometer wedloop is gewen deur Jacob Seduma, wat verlede week die Soutpansberg Bergwedloop gewen het. Meshark Nemangaya was tweede en Rudzani Mamanyuwa derde. Die eerste vrou was Azwinaki Ndou, gevolg deur Mbofholowo Sihadi en Rendani Phupheli.
‘n Bedrag van R20 000 is tydens die wedloop geïn ten bate van die Vhananyana Mountain School. Die geld is tydens ‘n seremonie by die Tusk Venda Casino Hotel later die aand aan die hoof, Su-Anne Cook, oorhandig deur die eienaar van die Zoutnet-koerantgroep, mnr. Anton van Zyl, en die besturende direkteur van Spar Thohoyandou, mnr. Philip Snyman. Die halfmarathon was die breinkind van me. Belinda van Rensburg van Spar Thohoyandou in samewerking met die bemarkingsbestuurder van die Zoutnet-groep, mnr. Pieter Jooste. Aanduidings is dat die halfmarathon ‘n jaarlikse instelling gaan word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
