

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 15 June 2007
Eerskomende naweek is dit weer tyd vir die jaarlikse Comrades Marathon met 15 atlete van die Soutpansberg Atletiekklub wat daaraan gaan deelneem.
Dié 89-kilometer marathon word vanjaar vir die eerste keer op ‘n Sondag (17de) vanaf Pietermaritzburg na Durban gehardloop.
Stanley Thompson, voorsitter van die Soutpansberg Atletiekklub, sê dat meeste van die atlete wat namens die plaaslike klub gaan deelneem reeds ‘n comrades agter die rug het. Hy sê dit is veteraan Hennie Coetzee se 14de Comrades.
Twee atlete wat vanjaar die eerste keer die Comrades gaan aandurf is Khazamula Baloyi en Japie Horn. Volgens Stanley is die twee goed voorberei vir die marathon.
Die 15 atlete van die Soutpansberg Atletiekklub is Khazamula Baloyi, Oby Buys, Hennie Coetzee, Japie Horn, Kobus Jordaan, Kanakana Manwadu, Mari Mattheus, Monica Milanzi, Hardus Munnik, Linda Munnik, Joseph Phiri, Francois Pieterse, Craig Whitcomb, Wilna Whitcomb en Jacobus Woest.
Stanley het namens die klub die borge bedank, veral vir Premjee´s, wat energiepakkies en drinkgoed geborg het.
"Dit is ver, maar moontlik," sê Stanley.

ADVERTISEMENT:
