ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike ryers skrik nie vir Kremetart nie

 

Sport  Date: 22 June 2007

 

‘n Paar langasem fietsryers van Louis Trichardt het gewys dat hulle in ‘n groot maat kan kers vashou met die res van die land se ryers deur ook die Powerade Kremetart oor 175km, asook die 100km, aan te durf.

Die beste tyd in die 175km-wedren word opgestel deur Jan Mouton (SANDF). Hy eindig algeheel 30ste in die kategorie vir mans veterane (vets) in ‘n tyd van 04:52:54. Hy word gevolg deur Marlin Cozett (SANDF), 50ste in kategorie mans sub-vets in 05:02:58. Cassie Mattheus was 49ste in die kategorie mans vets in 05:06:04, Glen McLeod 59ste in mans vets in 05:09:17 en Renata Joubert in ‘n tyd van 05:20:58. Renata was algeheel 5de in die kategorie vir veteraan vroue.

Hannes spies voltooi die 175km in 05:21:31. Cathrine Labuschagne (SANDF), Stanley Thomson, Alida de Beer en Johensia Meiring se tye was onderskeidelik 05:25:54, 05:26:19, 05:33:23 en 05:51:36. Cathrine was algeheel 8ste in die kategorie senior dames en Alida 9de in dieselfde kategorie.

Matthys Beukes ry ‘n algehele tyd van 05:55:13, gevolg deur Marcel van Niekerk en Gerrie Peyper in tye van onderskeidelik 06:04:29 en 06:07:33.

Hetta Lombard wys wat in haar steek deur ‘n algehele tweede plek in te palm in die kategorie vroue meesters in ‘n algehele tyd van 06:09:21. Martin le Roux se tyd was 06:10:21, gevolg deur Bruce Murray, Jan Lombard, Jurie de Jager, Soekie Malan en Marius Smit in tye van onderskeidelik 06:13:54, 06:17:15, 06:23:01, 06:26:23 en 06:27:48. Deon Klaasen, Vicky Richardson en Alister James se tye was onderskeidelik 07:00:54, 07:23:57 en 08:39:55.

In die 100km teken Bas Rennings die beste tyd aan van 03:09:12. Dit besorg aan hom ‘n vierde plek in sy kategorie en ‘n algehele 7de plek. Rudolph Boshoff was tweede in sy kategorie in ‘n tyd van 03:14:12 en 10de algeheel. Francois Hanekom (eerste in sy kategorie) was algeheel 23ste in ‘n tyd van 03:23:36.

Die ander ryers en hul tye was Daniel Kirk-Cohen (03:35:52), Willem Boshoff (04:03:49), Hendrik Degenaar (04:08:14), Dries van Wyk (04:29:36), Johnathan van Dijkhorst (04:30:23), Johan Burger (04:31:23), Mariaan Oberholzer (04:32:20), Danelle Fourie (04:35:27), Craig Went (04:37:25), Eldine Peli (04:38:35), Johan Lamprechts (04:56:24), Igram Ayob (05:04:36), Anneline Smit (05:10:27), Anneke Smit (05:10:27), Rea McMurtie (05:21:15) en Annemarie Taute (05:23:36).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines