ADVERTISEMENT:

 

Pa en dogter skuts Michael en Jeanette Rademeyer.

Pa en dogter in die kol tydens kampioenskappe

 

Sport  Date: 20 July 2007

 

Pa en dogter skuts van Louis Trichardt Michael en Jeanette Rademeyer het die afgelope naweek weer skitterend geskiet tydens die Oranje Vaal Ope luggeweerkampioenskappe (12 en 13 Julie) in Vanderbijlpark.

Jeanette het in die 10m Olimpiese Presisie-klas sewende geëindig in die O/20-afdeling. Sy dring deur na die finaal waar sy ook sewende eindig en gekies word om deel te neem aan die posliga op 14 Julie. Tydens die posliga skiet skuts van Suid-Afrika, Finland, Engeland en Amerika teen mekaar. Hier skiet Jeanette ‘n persoonlike beste telling van 373 punte uit ‘n moontlike 400 en eindig vierde. Die spanne het, volgens beskikbare tellings vanaf Duitsland, goed gevaar.

Michael het tydens die Oranje Vaal Ope ook goed geskiet en eindig tweede in die 10m Olimpiese veterane-klas met ‘n telling van 498 uit ‘n moontlike 600. In die 3PP-klas (3 Posisie Presisie) was hy eerste. Michael neem ook deel aan die posliga in die veterane-klas. Vroeër vanjaar het hy sy Protea-kleure in afrigting ontvang en was afrigter van die nasionale span wat aan die Wêreldbeker in Amerika (Maart/April) gaan deelneem het.

Michael het almal wat belangstel in dié sportsoort uitgenooi om hom te skakel by tel. 084 400 0296.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines