

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 03 August 2007
Vanjaar se Akkedis Bergfietswedren het weereens ongekende belangstelling ontlok en nogmaals bewys dat die wedren vinnig besig is om homself te vestig as een van die top bergfietswedrenne in die land.
Uniek aan vanjaar se wedren is die feit dat dit deel gevorm het van die Dirty Double-reeks wat oor verskeie provinsie beslis word. Dit geskied in die formaat van ´n mini-skof wedren wat in die geval van die Akkedis oor twee dae beslis is. Deelnemers kon kies om òf net aan die 70km Akkedis deel te neem, òf aan die Dirty Double, wat behels het die 70km Akkedis op Saterdag en ´n 35km tydtoets op Sondag. Deelname in die Dirty Double geskied in spanverband (twee ryers) wat nie langer as twee minute uitmekaar die skofte mag voltooi nie.
Almal het groot lof gehad vir die uitstekende wyse waarop die P&L Hardeware Fietsryklub (organiseerders van die Akkedis) tesame met Fiona Coward (organiseerder van die Dirty Double), die naweek se reëlings hanteer het. ‘n Sprekende voorbeeld van presies hoeveel moeite daar in die wedren ingegaan het, was Johan van Dijkhorst (organiseerder Akkedis) wat met sy mense fisies 22 kilometer van die roete met harke skoon gehark het van klippe en dorings.
Wat die Dirty Double betref, was dit die Commencal Racing-span van Marais Dekker en Rynard van Hoven wat eerste tuis was in ‘n tyd van 4:25:04. Tweede was Adéle Drake en José de Sousa (Grandissimo) in ‘n tyd van 5:46:47. Dié twee was ook die eerste gemengde paartjie tuis. Derde was Dennis Lawrie en Sakkie van Wyk (Duck & Dive) in ‘n tyd van 6:00:11. Dennis en Sakkie was ook die eerste veterane tuis. Ander kategoriewenners van die Dirty Double was Craig Allsopp en Malcolm Dodds (Dirty Bastards) as eerste sub-veterane.
Die 70km Akkedis is gewen deur Dion Guy in ‘n tyd van 3:24:48. Tweede was Marco Glastra en derde Ryan Hodierne. Die eerste dame tuis was Samantha Oosthuyzen. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat sy dié afdeling wen en was algeheel vyfde onder die mans in ‘n tyd van 3:48:55. Tweede was Alexi Loizou en derde Catherine Labuschagne van LMB Makhado wat ook gereeld aan ysterman en –vrou kompetisies deelneem. Ander kategoriewenners was Henry Hayes (veterane), Elmo Barnardt (meesters) en Graham Chrystal (juniors).
Wat plaaslike ryers betref het Sarel Lubbe baie goed gery en lank voor die ander plaaslike ryers klaargemaak in ‘n tyd van 4:30:51. Dit besorg aan hom ‘n algehele 13de plek. Glen McLeod was die tweede plaaslike ryer tuis en Bruce Murray derde.
Die algehele wenners van die 35km Akkedis was Fanus Eksteen (1:26:03) met Andries van Wyk tweede en Henk Hovy derde. Fanus was ook die eerste mansveteraan. Die eerste dame oor die wenstreep was Ally Loughor-Clarke, met Elsabé Pretorius tweede en Renata Joubert van Louis Trichardt derde. Renata was ook die eerste vroueveteraan. Ander kategoriewenners was Conrad Pienaar (junior mans), Jan Lombard (meesters mans) van Louis Trichardt, Charmain Le Fevre (meesters vroue) en Jayne van der Berg (junior vroue).
Ander plaaslike ryers Rudolph Boshoff en Matthys Beukes presteer goed deur in die 9e en 10e plekke klaar te maak.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
