ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike vlieënier Dries Briers (links) en navigator Marius Schutte behaal ‘n algehele tweede plek in die afgelope naweek se Novas Marine Race of Champions (ROC) en bring twee trofeë huis toe. Hulle het deelgeneem in Marius se Beechcraft Bonanza.

Dries en Marius vlieg tweede plek los tydens ROC

 

Sport  Date: 24 August 2007

 

Vlieënier Dries Briers en navigator Marius Schutte van Louis Trichardt behaal ‘n algehele tweede plek in die afgelope naweek se Novas Marine Race of Champions (ROC) en bring twee trofeë huis toe.

Die ROC is deur die Letaba vliegklub op die Tzaneen lughawe aangebied, met 58 vliegtuie wat ingeskryf het vanoor die hele land. Dries en Marius het deelgeneem in Marius se Beechcraft Bonanza met ‘n voorgee spoed van 169 knope. Na die eerste dag was hulle 1 minuut en 52 sekondes agter die voorlopers, Barry de Groot en Mary de Klerk van Kwazulu Natal in ‘n Cessna 172. Die tweede dag haal hulle 60 sekondes in op die voorlopers en eindig algeheel tweede.

Dries verduidelik hoe die wedren werk.

"Die vliegtuie kry elkeen ‘n voorgee spoed waarteen hulle dan teen mekaar resies jaag oor ‘n bepaalde roete. Die voorgee spoed word bereken op grond van die vorige 20 jaar se statistiek en is die maksimum spoed wat elke bepaalde vliegtuig kan vlieg. Die wedren vind oor twee dae plaas, waar die vliegtuie die eerste dag deelneem vir ‘n beter wegspringplek op die tweede dag. Die eerste dag se roete was van Tzaneen na Musina na Alldays na Mokopane en weer terug na Tzaneen, wat altesame 315 seemyl verteenwoordig ."

Op die tweede dag spring elke deelnemer op ‘n voorafberekende tyd weg, "sodat al die deelnemers teoreties gelyk deur die wenstreep moet kom," sê Dries. Die tweede dag se roete was vanaf Tzaneen na Dendron na Mokopane na Lydenburg na Selati, naby Gravelotte, en weer terug na Tzaneen (299 seemyl). Dries en Marius het ‘n gemiddelde spoed van 177,84 knope behaal.

Vir die algehele tweede plek ontvang Dries en Marius die Novas Marine trofee. Hulle ontvang ook die Century Avionics trofee vir die beste voorgee vertoning op die tweede dag.

"Die organisasie van die wedren was puik en al die deelnemers het dit baie geniet," sê Dries.

Die ROC word weer volgende jaar by Tzaneen aangebied.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines